Jaarboeke

Program: BEdHons Onderwyser Opvoeding en Professionele Ontwikkeling

Code Faculty Duration Credits Download
09240021 Fakulteit Opvoedkunde Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128
Contact:
Dr WM Carvalho-Malekane
[email protected]
+27 (0)124205757

Toelatingsvereistes

'n Kandidaat kan toegelaat word indien hy/sy in besit is van een van die volgende kwalifikasies:

  • 'n Baccalaureusgraad en 'n onderwysdiploma/Nagraadse Sertifikaat in Onderwys (bv. BA + HOD); of
  • 'n Vierjarige saamgestelde onderwysgerigte graad [bv. BA(Ed)]; of
  • 'n M+4 onderwysdiploma; of
  • 'n Toepaslike M+3 onderwysdiploma, onderworpe aan spesifieke goedkeuring en 'n toepaslike Gevorderde Diploma in Onderwys; of
  • 'n Ander toepaslike akademiese kwalifikasie wat volgens die oordeel van die Dekaan toelating tot 'n bepaalde pakket regverdig.

Addisionele vereistes

Die keuring is gebaseer op:

  • voldoening aan die minimum toelatingsvereistes;
  • vorige akademiese prestasies;
  • toepaslike akademiese en/of onderwyservaring;
  • beskikbaarheid van leiding vir die voorgeskrewe navorsingsprojek;
  • bewese akademiese potensiaal, wat akademiese kommunikasie en rekenaarvaardighede insluit;
  • 'n onderhoud kan ook addisioneel vereis word;
  • die registrasie by professionele rade;
  • finale diskresie lê by die departementshoof.

Eksamens en slaagvereistes

Behoudens uitsonderings wat die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof goedkeur, kan 'n student hom of haar nie meer as twee maal vir die honneurseksamen in dieselfde module aanmeld nie.

'n Finalejaarstudent wat 'n maksimum van drie semestermodules of die ekwivalent daarvan gedruip het en 'n finale punt van minstens 40% in elkeen behaal het, kan deur die Dekaan toegelaat word om gedurende Januarie van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in sodanige module(s) af te lê, mits die student daardeur aan alle vereistes vir die graad kan voldoen.

Navorsing

'n Navorsingsprojek is verpligtend en moet volgens die voorskrifte van die betrokke departement voorberei en ingedien word vir eksaminering.

Slaag met lof

Die graad word met lof verwerf indien die student 'n algehele gemiddelde van 75% behaal het, met 'n minimum van 70% in elke module.

Minimum krediete: 128

Wanneer die voltydse opsie gekies word, moet al die "Fundamentele modules" en "Kernmodules" gekies word. Wanneer die deeltydse opsie gekies word, moet NMQ 745, EDS 711, CDD 710 en API 711 gekies word in die 1ste jaar en NMQ 755, een keusemodule, CDV 780 en PFO 710 moet gekies word in die finale jaar. Keusemodulevoorvereistes sluit in Wiskunde II vir Wiskundeonderwys (MCE 730), Biologie II of Dierkunde II of Plantkunde II of Algemene Wetenskap II vir Lewenswetenskappe-onderwys (LSN 730) en Fisika II of Chemie II of Algemene Wetenskap II vir Fisiese wetenskap-onderwys (PHN 730). Wanneer SCU 731 gekies word, kan dit net in die tweede semester geneem word. Goedkeuring van die Hoof van die Departement word vereis vir MCE 730, LSN 730 en PHN 730.

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Grondslae, beginsels en etiek van assesseringspraktyke. Internasionale tendense in assesseringspraktyke. Kwantitatiewe en kwalitatiewe assesseringsmodes  en  toepaslike assesserings-instrumente. Bewys-generering vir assessering. Assessering en kwaliteitsversekering. Tegnieke vir rekenaargebaseerde assessering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels en benaderings van kurrikulum-/programontwerp en -ontwikkeling. Internasionale en nasionale modelle en ontwikkelinge op hierdie terrein. Beginsels van uitkomsgebaseerde programontwerp binne die SAQA-konteks. Kurrikulumontwikkelingsmodelle en instrumente in aksie. Situasie-taakanalise en behoeftebepaling. Ontwikkeling. Disseminasie. Implementering as veranderingsproses. Assessering en evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Metateorieë in die opvoedkunde. Empirisme. Rasionele empirisme, kritiese rasionalisme, kritiese teorie. Fenomenologie. Hermeneutika. Sisteemteorie. Filosofieë in opvoedkunde. Tradisionele filosofieë, inheemse (Afrika) filosofieë. Die invloed van modernisme en postmodernisme op die onderwys. Sosiologiese imperatiewe vir opvoeding. Teorieë van gemeenskapsverandering en rolle en waardes van opvoeding. Vergelykende perspektiewe op leerteorieë en die betekenis daarvan vir opvoeding.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van onderwyskundige navorsing: navorsingskonteks, wetenskap, navorsings-etiek, waarheid, rasionaliteit, subjektiwiteit en objektiwiteit. Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsbenaderings, navorsingsontwerpe en data-insamelingstegnieke. Verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Basiese konsepte en beginsels van kwantitatiewe navorsing. Statistiese tegnieke in die onderwysnavorsingsproses. Opnamemetodologie en vraelysontwerp. Klassifikasie en grafiese voorstelling van data. Beskrywende metings. Statistiese inferensie. Dataverwerkingsprosedures. Parametriese versus nieparametriese toetse. Enkele toetsstatistiek (bv. F-toetse, en T–toetse).

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Professionele ontwikkeling as onderwyskundige om onafhanklikheid, interafhanklikheid en selfvernuwing te optimaliseer. Die implementering van beginsels van persoonlike visie en leierskap, persoonlike bestuur, interpersoonlike leierskap, kreatiewe samewerking en gebalanseerde selfvernuwing deur aksie-navorsing.

    Sien meer

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die doel van die module is om studente met intellektuele, akademiese en geletterdheidsvaardighede in die gebiede van onderwysreg en -beleid toe te rus. Verder berei dit studente voor vir verdere studies in die velde en om hul professionele ontwikkeling in hul werkplekke te versterk. Die module is waardevol vir persone wat verdere studies in onderwysreg en -beleid wil onderneem en ook vir beleids- en regspraktisyns by skole en ander opvoedkundige omgewings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module is informed by a commitment to gender equality and gender justice. It explores the concept of gender in various educational settings. It entails the intersecting relationships between gender, curriculum and identity by including related topics such as feminism and its origins, masculinity and femininity in the classroom and LGBTI issues in education among other. The module further explores topics such as gendered relationships between dominant and marginalised subjects, gender curriculum and young children as well as sexuality and the curriculum. It aims to develop a gendered awareness of how the curriculum operates in terms of curricula policies, classroom practices and materials and how this influences the construction of gendered identities.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The module aims to examine and debate the nature of African History and how it manifests itself within African and non-African school contexts. Selected issues related to the teaching of African History such as Eurocentrism; African scepticism; Gender; Racism; African indigenous historical knowledge; postcolonialism; decolonisation and the nature of historical evidence on Africa will be engaged with. In the process methodologies, policies and theories to teach African History effectively will be explored.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teoretiese grondslag en aard van leerdiversiteit, leerprobleme/ leerhindernisse, leergestremdhede, kognitiewe funksionering en spesiale onderwysbehoeftes. Agtergrond, beginsels en implementering van insluitende onderwys. Beginsels en praktiese toepassing van leerondersteuning. Identifisering, sifting, informele assessering en ondersteuning van leerders wat presenteer met gesproke en geskrewe taal-, wiskunde-, perseptuele en nie-verbale leerprobleme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module ondersoek die konsepte "multi-geletterdhede" en "multimodaliteite" met die klem op die belangrikheid daarvan in die onderrig van leerders uit diverse linguistiese en kulturele gemeenskappe. Die onderwerpe wat in hierdie module behandel word moet nie in isolasie beskou word nie, maar hou onderling met mekaar verband en is op onderrig in die globale klaskamer van toepassing. Onderwerpe sluit, onder andere, die volgende in: taal en geletterdhede; taalverwerwingsteorieë; taalbeleidsdokumente; die veeltalige klaskamer; Engels as lingua franca;
    World Englishes; globalisering en skool- en sosiale geletterdhede. Daar word van die student verwag om geskikte toepassings te ontwerp van 'n verskeidenheid konsepte van innoverende klaskamerpraktyke wat in 'n gevorderde kennis van kern-Suid-Afrikaanse tekste, beleide en kwessies wat in hierdie module hanteer word, weerspieël.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om kennis, vaardighede, waardes en houdings te ontwikkel sodat studente daartoe in staat is om ingeligte besluite te neem in diverse opvoedkundige kontekste. Lewensoriëntering fokus op die individu in die samelewing. As opvoeder is dit belangrik om te besef dat die onderrig en leer van vaardighede, waardes en houdings in die klaskamer verbind moet word met die leerder se alledaagse lewenservaringe. Hierdie module fokus daarop om studente se optimale intellektuele, persoonlike en emosionele potensiaal te ontwikkel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die neurologiese interpretasie en prosessering van die leesproses in die brein; die impak van persepsie (motories, visueel en ouditief) op die geïntegreerde leerproses; leeronder-steuningstrategieë (klank en woorderkenning); leesgewoontes; uitbreiding van die oogspan en leesspoed; leesmotivering; ‘n praktiese leersondersteuningsmodel wat op assessering so wel as ondersteuning vir individue fokus.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard en struktuur van lewenswetenskappe: implikasies vir lewenswetenskappeonderwys; leeruitnemendheid in lewenswetenskappe; ontwikkeling en administrasie van 'n skool se lewensweteskappedepartement; beplanning van leeraktiwiteite in lewenswetenskappe; eksperimentering en navorsingsmetodologie; praktiese werk, demonstrasies en mikroskoopwerk; bestuur en gebruik van organismes in die laboratorium; die lewenswetenskappeklub; ekskursies en veldwerk; veiligheid in die laboratoruim.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Onderrig- en leerperspektiewe in wiskunde. Hierdie eenheid fokus op huidige kwessies in wiskunde-onderrig, byvoorbeeld: Aard van wiskundige kennis in die opvoedkunde; leerteorieë in wiskundeonderwys; gebruik van tegnologie in wiskunde-onderwys; navorsing in die klaskamer; geslag; taal; kultuur (Etno-wiskunde).
    Wiskunde in konteks: vooruitsigte en uitdagings. Hierdie eenheid fokus op die rol van wiskunde in verskillende kontekste (beroep- en alledaagse situasies ingesluit): Aard van wiskunde – wiskunde as ‘n menslike aktiwiteit; rasionale vir die leer van wiskunde; die teorie van realistiese wiskunde-onderwys; inhouds- en konteksgedrewe aanslag in wiskunde; wiskundige geletterdheid; kennisoordrag: uitdagings – skoolwiskunde vs realiteit.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Onderrigstrategieë; hervorming in fisika en chemie onderwys; alternatiewe begrippe. Kurrikulum leierskap in Fisiese Wetenskappe Onderwys in verskeie kontekste.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aard van die natuurwetenskappe, tegnologie en wiskunde: openbare begrip en die impak van wetenskap en tegnologiese bedrywe op die gemeenskap; Etiese implikasies van wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang. Inheemse Kennis Stelsels (IKS), etnowiskunde en -tegnologie en epistemologie. Implikasies vir onderrig- en leer-inhoud, en verwagte leeruitkomste. Die aard van kurrikula ten einde wetenskaplike wyses om die wêreld te verstaan te ontwikkel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die onderliggende filosofie van Tegnologie en Ontwerpwetenskap. Die Ontwerpwetenskap word ondersoek vanuit 'n informasieprosessering paradigma. Die unieke eie aard van Tegnologie word bestudeer en die verwantskappe tussen die vakgebiede Tegnologie, Ontwerpwetenskap en Natuurwetenskap word blootgelê. Tydens die ondersoek na bogenoemde verwantskappe word die sosiaal tegnologiese interpretasie beklemtoon.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2019. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share