Jaarboeke

Program: MSocSci. Werknemerhulpprogramme (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01253029 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Prof LS Terblanche
[email protected]
+27 (0)124203292

Programinligting

NB Tydelik opgeskort vanaf Januarie 2018.

Toelatingsvereistes

  •  'n Erkende vierjarige graad in die geesteswetenskappe.
  • Minimum gemiddelde van 65% vir die voorgraadse kwalifikasie.
  • Departementele keuring.
  • Ten minste vier jaar toepaslike praktykervaring.
  • Suksesvolle voltooiing van die departementele kortkursus in Werknemerhulp-programme.
  • 'n Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.

Addisionele vereistes

  • Ten minste vier jaar toepaslike praktykervaring.
  • Suksesvolle voltooiing van die departementele kortkursus in Werknemerhulpprogramme.
  • ’n Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.

Slaag met lof

’n Student slaag met onderskeiding wanneer ’n gemiddelde punt van 75% vir die kernmodules en miniverhandeling behaal is, onderworpe aan minstens 70% vir die miniverhandeling.

 

Minimum krediete: 180

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Departementele keuring
    Konseptualisering van WHPe, gesondheid, werk/lewe en bedryfsmaatskaplikewerk. Historiese ontwikkeling van bedryfsmaatskaplikewerk en werknemerhulpprogramme. Modelle van werknemerhulpprogramme. Regsaspekte en werknemerhulpprogramme. Werknemerhulpprogramme en organisasieontwikkeling.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Departementele keuring
    WHP-standaarde: Ontwerp en implementering van standaarde van werknemerhulpprogramme, met klem op die advieskomitee, behoeftebepaling, diensleweringsisteme, beleid en implementering. Bestuur en administrasie van werknemerhulpprogramme, met klem op prosedures, personeelvoorsiening, rekordstelsels, professionele aanspreeklikheid, vertroulikheid en etiese aspekte. Direkte WHP-dienste: bestuursopleiding en bemarking. Skakeling en evaluasie van die WHP.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Departementele keuring
    Direkte WHP-dienste. Assessering en terapeutiese dienste. Posttraumatiese stresontlonting, krisisingryping. Korttermynterapie, verwysing, monitering en nasorg. MIV en Vigs in die werkplek. Bedryfsmaatskaplikewerkprogramme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Omvattende verslag (80-100 bladsye) oor ‘n goedgekeurde navorsingsprojek gebaseer op onafhanklike navorsing in ‘n MMW spesialisveld geselekteer in oorleg met ‘n studieleier. Skolastiese en gevorderde navorsing van geselekteerde spesialisterrein, insluitend beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse. Toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences