Modulekode | AKG 727 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Sosiale organisasie en sosiale waardes in die Antieke Wêreld Gedetailleerde studie van die sosiale organisasie van die Antieke Wêreld met spesifieke verwysing na temas soos wêreldbeeld, sosiale klasse, slawerny, ekonomie en regering en/of studie van sosiale waardes wat die kulture van die antieke wêreld bepaal het. Aandag word spesifiek geskenk aan aspekte soos ruimte en ruimtelike oriëntasie, eer en skaamte, die poariteit van heilig/onheilig, sienings oor die groep en die individu in antieke samelewings en die rol van ras en geslag in antieke samelewings. Afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan die klem val op die ou Nabye Ooste of die Grieks-Romeinse wêreld. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Moderne Europese Tale |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App