Code | Faculty |
---|---|
01240256 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 1 jaar | Totale krediete: 120 |
Prof GT Prinsloo [email protected] | +27 (0)124202683 |
Die spesialiseringsgebiede sluit in:
i) Antiekekultuurstudie
ii) Bybelse Tale
iii) Klassieke Tale
iv) Grieks
v) Latyn
vi) Semitiese Tale
Addisionele vereistes:
Minimum krediete: 120
Module-inhoud:
Navorsingsmetodologie in die studie van die Antieke Wêreld Inleiding in die navorsingsproses in verskillende velde in die bestudering van die Antieke Wêreld. Aandag word aan die volgende aspekte geskenk: die identifisering van navorsingsprobleem; die formulering van 'n hipotese en die keuse van 'n geskikte navorsingsbenadering; die formulering van duidelike navorsingsdoelwitte; die keuse en toepassing van geskikte navorsingsmetodologie.Module-inhoud:
Daar word van studente verwag om 'n duidelik gedefinieerde navorsingsvoorstel oor 'n tema van hulle eie keuse binne een van die navorsingsvelde/navorsingsprojekte in die departement te formuleer. Die voorstel moet 'n duidelike verstaan van die verskillende komponente in die navorsingsproses weerspieël (die identifisering van navorsingsprobleem, formulering van 'n hipotese, keuse van 'n geskikte navorsingsbenadering, formulering van duidelike navorsingsdoelwitte, keuse en toepassing van 'n geskikte navorsingsmetode). Die navorsingsvoorstel moet studente se vertroudheid met verskillende navorsingsmetodologieë wat gebruik kan word om die Antieke Wêreld te ondersoek, duidelik weerspieël.Module-inhoud:
Geskiedenis van die Antieke Wêreld 'n Gedetailleerde studie van aspekte van die geskiedenis van die Antieke Wêreld (afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan meer aandag geskenk word aan die geskiedenis van die inwoners van Mesopotamië, Egipte of Sirië/Palestina of die Grieks-Romeinse wêreld). Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.Module-inhoud:
Mitologie en godsdiens in die Antieke Wêreld Studie van ou Nabye Oosterse mitologie en godsdienstige oortuigings en die invloed daarvan op die kulture van Afrika en die Midde-Ooste en/of studie van die godsdiens van antieke Israel en/of studie van Grieks-Romeinse mitologie en godsdienstige oortuigings en die ingrypende en voortdurende invloed daarvan op Westerse kunsvorme. Aandag word geskenk aan beide staats- en private godsdienstige gebruike in die Antieke Wêreld. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.Module-inhoud:
Sosiale organisasie en sosiale waardes in die Antieke Wêreld Gedetailleerde studie van die sosiale organisasie van die Antieke Wêreld met spesifieke verwysing na temas soos wêreldbeeld, sosiale klasse, slawerny, ekonomie en regering en/of studie van sosiale waardes wat die kulture van die antieke wêreld bepaal het. Aandag word spesifiek geskenk aan aspekte soos ruimte en ruimtelike oriëntasie, eer en skaamte, die poariteit van heilig/onheilig, sienings oor die groep en die individu in antieke samelewings en die rol van ras en geslag in antieke samelewings. Afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan die klem val op die ou Nabye Ooste of die Grieks-Romeinse wêreld. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus lees.Module-inhoud:
Verbale en nie-verbale simbole in die Antieke Wêreld Studie van literêre teorie/teorieë en genres, byvoorbeeld: kriteria vir die analise van narratiewe, poësie, eposse en drama in die Antieke Wêreld en studie en interpretasie van die visuele uitbeeldings van die Antieke Wêreld. Afhangende van studente se belangstelling en/of spesialisasie kan meer aandag geskenk word aan die literatuur van die ou Nabye Ooste of die Grieks-Romeinse of die vroeg-Christelike wêreld. Aandag word spesifiek gegee aan die oorvleueling van veerbale en nieverbale simbole en hoe die een kan dien as hulpmiddel om die ander te interpreteer. Taalstudente sal capita selecta uit die relevante literatuur van die Hebreeuse/Griekse/Latynse literêre korpus leesCopyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App