Jaarboeke

Program: MSW Spelgebaseerde Intervensie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01251074 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr MP le Roux
[email protected]
+27 (0)124205321

Programinligting

Sluitingsdatum vir aansoeke: Jaarliks 31 Julie.

Toelatingsvereistes

  •  BMW-graad in Maatskaplike Werk met ?n gemiddelde van minstens 65% of 'n gelykwaardige kwalifikasie.
  • ’n Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.

Addisionele vereistes

’n Verpligte module in navorsingsmetodologie, naamlik MWT 864, moet geslaag word.

Slaag met lof

Om die graad met lof te verwerf moet ’n gemiddelde punt van 75% vir die kernmodules en miniverhandeling behaal word, onderworpe aan minstens 70% vir die miniverhandeling.

Minimum krediete: 180

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Departementele keuring
    Spelterapie met die kind

    Ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk en kinderwelsyn; benaderings in spelterapie; kinderontwikkelingsteorieë; die multidissiplinêre span; die Gestaltspelterapie-proses; terapeutiese verhouding met die kind; sensoriese bewustheid en kontak; bou van die sin van self; benutting van projeksie; speltegnieke: teken.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring
    Die kind in die gesin
    Speltegnieke: klei en sandbakwerk; die kind in konteks van die gesin; assessering in verskillende kontekste (bv terapeuties, forensies, veiligheid en risiko); trauma en verlies; spelgebaseerde gesinsintervensie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - vereis departementele keuring
    Die kind in die gemeenskap
    Die impak van ongunstige omstandighede; speltegnieke; bibliospel; drama en sosiodrama, handpoppe en musiek; voorkoming, vroeë intervensie en vroeë kinderontwikkeling; veerkragtigheid in individue, gesinne en gemeenskappe.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Departementele keuring
    Navorsingsetiek, navorsingsbenaderings, tipes navorsing, navorsingsontwerpe en navorsingsproses soos van toepassing op maatskaplike werk.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote - departementele keuring
    Integrering en demonstrasie van teoretiese komponente van spelterapie in die praktyk. Dit sluit in grondbeginsels van spelterapeutiese benaderings en ontwikkelingsteorieë, beginsels en tegnieke van spel-assessering en spelterapie; die implementering van die spelterapeutiese proses met die kinderkliënt binne sy verskillende sisteme.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    ‘n Omvattende verslag (80-100 bladsye) oor ‘n goedgekeurde navorsingsprojek gebaseer op onafhanklike navorsing in ‘n MMW spesialisveld geselekteer in oorleg met ‘n studieleier. Skolastiese en gevorderde navorsing van geselekteerde spesialisterrein, insluitend beplanning, bronbenutting en bestuur van prosesse. Toerekenbaarheid vir die bereiking en evaluering van persoonlike en/of groepuitsette.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences