Programinligting
Die graad word toegeken op grond van ’n verhandeling en ’n eksamen oor die vakgebied van die verhandeling en/of onderdele van die vakgebied soos deur die Departementshoof vereis.
Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G.50 tot G.54.
Toelatingsvereistes
- Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word ’n BScHons-graad of gelykwaardige kwalifikasie en praktiese ervaring wat as voldoende geag word deur die Departementshoof vir toelating vereis.
- Ter aanvulling van kennis kan van studente vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag gedurende die eerste studiejaar van die graad.
Addisionele vereistes
Ter aanvulling van kennis kan van studente vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag gedurende die eerste studiejaar van die graad.
Eksamens en slaagvereistes
Die minimum slaagpunt is 50% in beide die verhandeling en die eksamen.
Slaag met lof
Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die verhandeling en die eksamen behaal het.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App