Jaarboeke

Program: MSc Konstruksiebestuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252032 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr DGB Boshoff
[email protected]
+27 (0)124203781
Prof BG Zulch
[email protected]
+27 (0)214202851

Programinligting

Die graad word toegeken op grond van ’n verhandeling en ’n eksamen oor die vakgebied van die verhandeling en/of onderdele van die vakgebied soos deur die Departementshoof vereis. Verwys na G Regulasies G.30 tot G.40 en G.50 tot G.54.

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word ’n BScHons-graad of gelykwaardige kwalifikasie en praktiese ervaring wat as voldoende geag word deur die Departementshoof vir toelating vereis.
  • Ter aanvulling van kennis kan van studente vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag gedurende die eerste studiejaar van die graad.

 

Addisionele vereistes

Ter aanvulling van kennis kan van studente vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag gedurende die eerste studiejaar van die graad.

Eksamens en slaagvereistes

Die minimum slaagpunt is 50% in beide die verhandeling en die eksamen.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die verhandeling en die eksamen behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences