Jaarboeke

Program: PhD Fisioterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260452 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

Die graad PhD word toegeken op grond van ’n proefskrif (FTP 990) en tensy die Dekaan anders besluit, ’n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif (FTP 900).

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n doktorsgraad is vyf jaar. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk toelaat.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen kandidaat tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy/sy in besit is van ’n magistergraad in Fisioterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie.

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die MPhysT-graad geslaag is.)

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Navorsing

  1. ’n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif moet aan ’n evalueringskomitee, en indien nodig, ook aan die etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring. Die evalueringskomitee word deur die departementshoof in same-werking met die Voorsitter van die Skool saamgestel en sal uit bewese kundiges in navorsing in die beoogde studieveld bestaan.

Minstens twee van die komiteelede sal uit ander nasionale en/of internasionale tersiêre instansies aangewys word. Weens finansiële beperkings sal tegniese hulpmiddels gebruik word wanneer die komiteelede van buitelandse instansies benoem word en daarom die vergadering nie kan bywoon nie. Die verslag van die evalueringskomitee sal skriftelik aan die kandidaat beskikbaar gestel word.

  1. Die proefskrif moet handel oor ’n probleem uit ’n gebied van Fisioterapie en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit oorspronklike navorsing is.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences