Code | Faculty |
---|---|
10260452 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Minimum duur van studie: 2 jaar | Totale krediete: 360 |
Die graad PhD word toegeken op grond van ’n proefskrif (FTP 990) en tensy die Dekaan anders besluit, ’n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif (FTP 900).
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n doktorsgraad is vyf jaar. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk toelaat.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen kandidaat tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy/sy in besit is van ’n magistergraad in Fisioterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die MPhysT-graad geslaag is.)
Sien ook Algemene Regulasies.
Minstens twee van die komiteelede sal uit ander nasionale en/of internasionale tersiêre instansies aangewys word. Weens finansiële beperkings sal tegniese hulpmiddels gebruik word wanneer die komiteelede van buitelandse instansies benoem word en daarom die vergadering nie kan bywoon nie. Die verslag van die evalueringskomitee sal skriftelik aan die kandidaat beskikbaar gestel word.
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App