Jaarboeke

Program: MPhysio

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10258103 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Die magistergraad word toegeken op grond van ’n verhandeling (FTP 890) oor ’n goedgekeurde onderwerp, gebaseer op navorsing.

Let wel: Alle MPhysT-studente moet vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon.

Toelatingsvereistes

(i) Vir die MPhysT-graad moet die student ook minstens ’n deeltydse pos beklee wat deur die departementshoof as toepaslik vir die magisterstudie beskou word.

(ii) Studente wat aansoek doen, moet addisioneel ook bewys lewer dat toepaslike nagraadse modules in kliniese spesialiseringsrigtings, bv in Ortopediese Manuele Terapie 1, suksesvol voltooi is alvorens die MPhysT-graad toegeken sal word.

(iii) ’n Kandidaat wat aansoek om toelating tot die navorsingsgerigte MPhysT-graadstudie (Kode 10258101) doen, moet aan die volgende vereiste voldoen:

      Voltooiing van relevante voortgesette onderrigkursusse wat op nasionale vlak aangebied word in die veld van navorsing, soos geakkrediteer deur die Beroepsraad vir Fisioterapie, Biokinetika en Podiatrie.

(iv) Studente moet tydens die MPhysT-studie vir ’n minimum van 60 uur per jaar aan formele departementele onderrigprogramme en/of navorsings-programme deelneem.

 

Navorsing

Publikasie

Alle studente moet ’n publikasie indien wat vir plasing in ’n geakkre- diteerde tydskrif aanvaar is, alvorens die graad toegeken sal word.

Slaag met lof

Om die graad met lof te verwerf, moet minstens 75% vir die verhandeling behaal word.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences