Programinligting
Die magistergraad word toegeken op grond van ’n verhandeling (FTP 890) oor ’n goedgekeurde onderwerp, gebaseer op navorsing.
Let wel: Alle MPhysT-studente moet vir (TNM 802) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon.
Toelatingsvereistes
- Vir die MPhysT-graad moet die student ook minstens ’n deeltydse pos beklee wat deur die departementshoof as toepaslik vir die magisterstudie beskou word.
- Studente wat aansoek doen, moet addisioneel ook bewys lewer dat toepaslike nagraadse modules in kliniese spesialiseringsrigtings, bv in Ortopediese Manuele Terapie 1, suksesvol voltooi is alvorens die MPhysT-graad toegeken sal word.
- ’n Kandidaat wat aansoek om toelating tot die navorsingsgerigte MPhysT-graadstudie (Kode 10258101) doen, moet aan die volgende vereiste voldoen: Voltooiing van relevante voortgesette onderrigkursusse wat op nasionale vlak aangebied word in die veld van navorsing, soos geakkrediteer deur die Beroepsraad vir Fisioterapie, Biokinetika en Podiatrie.
- Studente moet tydens die MPhysT-studie vir ’n minimum van 60 uur per jaar aan formele departementele onderrigprogramme en/of navorsings-programme deelneem.
Navorsing
Publikasie
Alle studente moet ’n publikasie indien wat vir plasing in ’n geakkre- diteerde tydskrif aanvaar is, alvorens die graad toegeken sal word.
Slaag met lof
Om die graad met lof te verwerf, moet minstens 75% vir die verhandeling behaal word.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App