Jaarboeke

Program: BOccTher Arbeidsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10138003 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 520
Contact:
Dr M de Beer
[email protected]

Programinligting

Studente wat voor 2015 vir die BArb-graadprogram geregistreer het, voltooi die graad volgens die toepaslike regulasies soos dit in die 2014-jaarboek gepubliseer is. Die gewysigde eerste jaar van studie sal vir die eerste keer in 2015 gevolg word, die tweede jaar van studie in 2016, die derde jaar van studie in 2017 en die vierde jaar van studie in 2018.

Die program duur vier akademiese jare, waartydens ’n student as student-arbeidsterapeut kliniese opleiding aan ’n inrigting ontvang wat deur die Universiteit goedgekeur is.

Studente moet ten minste 1 000 ure kliniese praktiese werk verrig oor die vier studiejare om by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as arbeidsterapeut te kan registreer.

Studente mag die eerste drie jaar oor vier jaar voltooi. In sulke gevalle word die keuse van modules vir die verskillende jare by aanvang van studie in oorleg met die departementshoof gedoen.

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het.
  • Lewensoriëntering word van die TPT-berekening uitgesluit.
  • Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word.
  • Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses.
  • Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChB program nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is.
  • Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken.
  • Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou.
  • NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie.
  • Navrae oor keuring kan gerig word aan [email protected].

 

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Engels

Wiskunde

Fisiese Wetenskap

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

4

3

D

D

4

3

D

D

4

3

D

D

30

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Elke student in Arbeidsterapie moet onmiddellik na toelating tot die eerste studiejaar by die Registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aansoek doen om geregistreer te word as ’n student in Arbeidsterapie.

Ander programspesifieke inligting

Belangrik: Die modules AIM 101 Akademiese-inligtingbestuur en AIM 101 en ELH 121 en 122 Academic English for Health Sciences moet voltooi word voor registrasie vir die vierde studiejaar.

Let wel:

  1. Raadpleeg die Departement Fisiologie oor moontlike voorvereistes vir die betrokke modules.
  2. Studente wat voor 2015 vir die BOccTher-graadprogram geregistreer het, sal die graadprogram volgens die ou leergang voltooi.
  3. Studente wat in die bestaande leergang ‘n jaar druip, sal op ‘n individuele basis deur die Department Arbeidsterapie hanteer word.
  4. Die totale krediete en regulasies vir die ou leergang verskyn in die 2014 jaarboek en is van toepassing op hierdie studente.

Eksamens en slaagvereistes

Subminima
In modules waar ’n skriftelike sowel as ’n praktiese en/of kliniese eksamen afgeneem word, word ’n subminimum van 40% in sowel die skriftelike as die praktiese en/of kliniese gedeeltes van die eksamen vereis.

Eksamen na een semester
'n Finalejaarstudent wat een module druip, maar alle ander modules slaag, kan toegelaat word om aan die einde van die eerste semester van die daaropvolgende jaar 'n spesiale eksamen in die betrokke module af te lê, na bevredigende bywoning van die vereiste lesings en kliniese werk tydens die eerste semester.

  • Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies is daar geen minimum jaar- of semesterpunt wat benodig word om tot die eksamen toegelaat te word nie en kry alle geregistreerde studente outomaties toelating tot die eksamen.
  • Die finale punt vir 'n bepaalde module in Verpleegkunde, Fisioterapie, Radiografie, Arbeidsterapie en Mensvoeding (minstens 50% word vereis om te slaag) word bereken uit die eksamenpunt sowel as die punt saamgestel uit die evaluasie van 'n student tydens deurlopende, objektiewe en gekontroleerde assesserings-geleenthede gedurende die kwartaal/semester/jaar. Minstens een formele assessering per module word as die minimum norm in dié verband gestel, en studente sal deurgaans op ’n gereelde grondslag aan selfgerigte leeropdragte blootgestel word ten einde selfgerigte leer te bevorder.
  • In die geval van modules met praktiese komponente word vereis dat die studente aan al die toepaslike bywoningsvereistes met betrekking tot die bemeestering van praktiese vaardighede voldoen alvorens ’n slaagpunt vir die module verwerf word.
  • Daar is twee hoofeksamengeleenthede per jaar, die eerste en tweede eksamen. Ten opsigte van eerstesemestermodules is die eksamengeleentheid in Mei/Junie en die tweede eksamengeleentheid in Julie. Ten opsigte van tweedesemester-modules is die eerste eksamengeleentheid in Oktober/November en die tweede eksamengeleentheid in November/Desember van dieselfde jaar. In gevalle waar studente addisionele kliniese werkure moet voltooi om tot ’n tweede eksamen toegelaat te word, sal die departementshoof die tweede eksamengeleentheid bepaal.
  • Slegs twee eksamengeleenthede per module is toelaatbaar. Indien ’n student ’n module tydens die tweede eksamengeleentheid druip, moet die betrokke module herhaal word.
  • 'n Tweede eksamengeleentheid in ’n module word in die volgende gevalle aan studente verleen:

- Indien ’n student ’n finale punt van minder as 50% in die betrokke module gedurende die eerste eksamengeleentheid behaal het en dus druip.
- Indien ’n student nie die subminimum in die eksamen, wat vir ’n bepaalde module vereis word, behaal het nie.
- Indien ’n student weens siekte of buitengewone omstandighede nie die eksamen in ’n module gedurende die eerste eksamengeleentheid kon aflê nie.

  • Studente wat weens bogemelde redes die tweede eksamen wil aflê, moet 24 uur na die uitslae ontvang is, registreer vir die tweede eksamengeleentheid.
  • Indien ’n student ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid gedruip het, word die eksamenpunt wat hy of sy tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal, as die finale punt verreken. Die punte wat met die deurlopende evaluering gedurende die kwartaal/semester/jaar verwerf word, word nie in berekening gebring nie. Indien die student die module tydens die tweede eksamengeleentheid slaag, word nie meer as 50% as slaagpunt in die betrokke module toegeken nie.
  • Indien ’n student as gevolg van siekte of buitengewone omstandighede nie aan die eksamen in ’n module tydens die eerste eksamengeleentheid kon deelneem nie, word die deurlopende evalueringspunt, tesame met die eksamenpunt wat tydens die tweede eksamengeleentheid in die betrokke module behaal is, as die finale punt in die module behaal, bereken.
  • Die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe pas die bepalings van die Algemene Regulasies toe. Daarvolgens mag ’n student wat ’n beperkte aantal modules uitstaande het ten einde aan graadvereistes te kan voldoen, kragtens fakulteitsregulasies tot ’n spesiale eksamen daarin toegelaat word.

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student in die eerste studiejaar wat nie tot die tweede studiejaar bevorder word nie, word outomaties weer aan keuring onderwerp.

  • 'n Student moet al die voorgeskrewe kernmodules van 'n spesifieke studiejaar slaag ten einde bevorder te kan word tot die daaropvolgende studiejaar. 'n Student kan slegs tot 'n volgende studiejaar bevorder word indien hy of sy nie meer as twee fundamentele modules van sewe weke elk per semester of een module van 14 weke per semester gedruip het nie. ’n Ononderhandelbare voorvereiste vir toelating tot die finale studiejaar is slaagpunte in al die kern- en fundamentele modules van die voorafgaande studiejare.
  • Raadpleeg die Jaarboek vir fundamentele modules in elke dissipline.
  • 'n Slaagpunt verwys na 'n finale punt van minstens 50%.
  • Modules met krediete vir praktiese werk en kliniese opleiding kan nie geslaag word nie, alvorens al die voorgeskrewe kliniese ure en praktiese aktiwiteite tot die bevrediging van die departementshoof voltooi is.
  • Die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering mag na beoordeling van die student se totale profiel, spesiale toestemming aan die student verleen/toestaan om tot 'n volgende studiejaar bevorder te word.
  • Die uitsondering is die Departement Mensvoeding, waar die regulasies van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ten opsigte van die modules deur daardie Fakulteit aangebied, van toepassing is.
  • Modules kan slegs vooruitgeneem of herhaal word indien dit in die bestaande eksamenrooster geakkommodeer kan word.
  • 'n Student wat 'n studiejaar herhaal, mag met die toestemming van die Voorsitter van die eksamenmodereringsvergadering en die betrokke departementshoof, toegelaat word om fundamentele modules van die daaropvolgende jaar te neem, mits hy of sy aan die voorvereistes vir die betrokke modules voldoen. Geen aanpassing van bestaande roosters sal toegelaat word nie. Die volgende fundamentele modules is ter sprake:

Departement Verpleegkunde: SLK 110, 120; FSG 251, 252.

  • Departement Fisioterapie: SOH 254; FSG 251, 252, 261, 262, SLK 210
  • ANP 210, GMB 252, 253, 254, FAR 381, 382
  • Departement Arbeidsterapie: ZUL 110; SEP 110; SLK 210, 220;
  • FSG 251, 252, 261, 262; ANP 210; RPD 481; GNK 286
  • Departement Mensvoeding:  FLG 211, 212, 221, 222;
  • BCM 251, 252, 261, 262; FAR 381, 382, VDS 322; VDB 321
  • Departement Radiografie:  FSG 251, 252, 262; GNK 286; ANP 210.

Slaag met lof

Om die BArb-graad met lof te verwerf, moet ’n student ’n gemiddelde van minstens 75% in die kernmodules in die finale studiejaar behaal.

Minimum krediete: 151

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Academic reading as well as academic writing and presentation skills, based on the approach followed in the healthcare sciences. *Presented to students in Health Sciences only.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    'n Algemene oriëntering tot die sielkunde. Inleiding tot verskillende teoretiese benaderings in en die ontwikkeling van die sielkunde as wetenskap word behandel.  Geselekteerde temas uit die alledaagse lewe word bespreek en met sielkundige beginsels geïntegreer. Hierdie module fokus ook op sentrale persoonlikheidsteorieë. 'n Inleiding tot verskillende paradigmatiese benaderings in die sielkunde word gegee.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module gedurende semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ‘n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in isiZulu waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Vind, evalueer, prosesseer, bied inligtingbronne aan en bestuur hulle vir akademiese doeleindes deur die gepaste tegnologie te gebruik.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Anatomie van die kop en nek, asook neuro-anatomie Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die kop en nekgebiede, sintuie en die sentrale en perifere senuweestelsels (kraniaalsenuwees, outomone senuweestelsel), asook die oppervlaksanatomie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Introduction to physiological principles; neurophysiology, and muscle physiology.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Body fluids; haematology; cardiovascular physiology, lymphatic system, and body defence mechanisms.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die aanleer van ‘n basiese, medies-georiënteerde woordeskat saamgestel uit Latynse en Griekse stamvorme verbind met voor- en agtervoegsels afkomstig uit hierdie tale. Die wyse waarop die betekenisse van mediese terme bepaal word deur die ontleding van mediese terme in hul herkenbare betekenisdraende, samestellende dele word onderrig en ingeoefen. Die funksionele gebruik van mediese terme in konteks as praktiese uitkoms van terminologiese toepassing geniet deurlopend aandag.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die toraks met inhoud, abdomen met inhoud en bekken met inhoud (organe, vaskulêre stelsels, senuweevoorsiening, limfdreinering, spiere en gewrigte), asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels die histologie van die longe, lewer en niere.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie module is slegs vir absolute beginners. *Slegs studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe mag hierdie module gedurende semester 2 neem. Alle ander studente moet hierdie module tydens semester 1 neem. Studente in die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe wat reeds oor die taalvaardighede beskik wat in hierdie module onderrig word, mag ’n vrystellingseksamen aflê. Basiese kommunikatiewe vaardighede in Sepedi waarin alledaagse uitdrukkings en gepaste woordeskat met hoë gebruiksfrekwensie figureer, binne bepaalde sosiale situasies

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Study of specific language skills required in the Health Care Sciences, including interviewing and report-writing skills. *Presented to students in Health Sciences only.   (BCur, BDietetics, BOH, BOT, Brad, BPhysT)*

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van algemene terminologie, embriologie, osteologie. Inleidende histologie behels sitologie, kern en seldeling, epitele, algemene bindweefsel en kraakbeen en been.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Teorie en praktiese inoefening van basiese noodsorg.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Anatomie van die aanhangskelet Sistematiese benadering tot anatomie met natmonsterbespreking van die spiere, bloedvate, senuweevoorsiening, limfdreinering en gewrigte van die boonste en onderste ledemate, asook die oppervlaksanatomie. Inleidende histologie behels spierweefsel, senuweeweefsel, bloed en hemopoïetiese weefsel.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie module is ‘n inleiding ten opsigte van ‘n basiese kennis en begrip van die biologiese basis van menslike gedrag. Die module behels die kernkonsepte en terminologie wat met die biologiese subsisteem verband hou, die reëls en beginsels onderliggend aan biologiese sielkunde en die identifisering van verwantskappe tussen verskillende biologiese sisteme en subsisteme. Verskillende kognitiewe prosesse word bestudeer insluitend persepsie, geheue, denke, intelligensie en kreatiwiteit. Verskeie denkprosesse, soos probleemoplossende, krities-analitiese en integrerende denke word geillustreer.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die teorie van aktiwiteitskunde. Toepassing van beginsels om skeppende vermoë te verbeter. Toepassing van beginsels in geselekteerde aktiwiteite om die deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    The study of occupational therapy roles, scope, domain, core knowledge and professional ethics. Includes the application of the process of occupational therapy intervention, tools of practice and theoretical frameworks.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Multidissiplinêre spanwerk. Gesondheidsorgsisteme en -wetgewing. Determinante van gesondheid. Inleiding tot gesondheidsorgmodelle (bv Gemeenskapsgebaseerde sorg, gesin-gesentreerde sorg, ens). Professionalisme. Etiese beginsels. Bestuur van diversiteit. NB: Slegs vir Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe-studente.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Structure, gas exchange and secretory functions of the lungs; build, excretory and non-urinary functions of the kidneys, acid-base balance, as well as the skin and body temperature control.
    Practical work: lung functions/spirometry, kidney function tests – side-room urine examinations. Digestion. Metabolism. Pathophysiology.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Nutrition, digestion and metabolism, hormonal control of body functions and the reproductive systems. 
    Practical work: endocrine system, reproductive system, pregnancy test.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Applied pathophysiology.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.
    Special neuro and muscle physiology.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In hierdie module word menslike ontwikkeling vanaf konsepsie tot adolessensie, asook volwassenheid aan die hand van verskillende teoretiese modelle bespreek. Dit sluit in ontwikkelingsveranderinge ten opsigte van kognitiewe, fisieke, emosionele en sosiale funksionering en die konteks van werk. Tradisionele en kontemporêre teorieë oor menslike ontwikkeling in hierdie fases word bestudeer ten einde die kernvraagstukke wat tydens die kinderjare en volwassenheid relevant is, te verstaan en verklaar.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Biomeganika: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van die toestande van die muskulo-skeletale stelsel by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van sekere geselekteerde toestande in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels van projekbestuur. Kommunikasiebeginsels. Gesondheidsbevordering en -onderrig, voorspraak en geletterdheid. Berading vir gesondheidsgedragverandering. NB: Slegs vir Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe-studente.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Sensories-motories versteurings: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van die sensoriese- motoriese versteurings by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde versteurings in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die teorie van aktiwiteitskunde. Toepassing van aktiwiteite op die gebied van aktiwiteite van die daaglikse lewe (ADL – ‘Activities of Daily Living’) en vryetyd, asook geselekteerde aktiwiteite om die deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Neurologie: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van neurologiese toestande by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Geestesgesondheid en kognisie: Die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie in psigososiale versteurings  en kognitiewe versteurings by alle ouderdomsgroepe. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde versteurings in.

    Sien meer

Minimum krediete: 129

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Algemene beginsels van patologie, insluitend nekrose, omkeerbare selbeskadiging, herstel en afwykings van groei, versteurings van die sirkulasie, akute en chroniese ontstekings, indeling van verspreiding van tumore en karsinogenese. Gerigte kursus in sistematiese patologie, met spesifieke verwysing na kardiovaskulêre stelsel, respiratoriese stelsel, lokomotorstelsel en neuropatologie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Navorsingskonsepte; navorsingsproses; navorsingsondersoek; beplanning en ontwikkeling van ’n literatuuroorsig; ontwikkeling van ’n navorsingsidee en navorsingsvraag; navorsings-beginsels in die ontwerp van ’n navorsingsvoorstel; skryf van ’n navorsingsvoorstel.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Die studie van die effek van swak gesondheid en gestremdhede in die werksarea. Die wetenskap en die toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle aktiwiteit in die konteks van die Suid-Afrikaanse Gelykheidswetgewing vir Gestremdes te bevorder. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die toepassing van terapeutiese groepstegnieke, streshantering en interpersoonlike tegnieke in berading. Dit sluit die studie van arbeidsterapie-evaluering en intervensie van psigiatriese versteurings in die kinderjare in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortgesette studie van arbeidsterapie vir pasiënte/kliënte met fisiese en neurologiese toestande. Fasilitering van aktiwiteitsoptrede deur die toepassing van ondersteuningstegnologie en aanpassings. Dit sluit terapeutiese apparaat, kontrole-koppelvlakke, prostese en die seleksie, ontwerp and vervaardiging van spalke in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gemeenskapsbehoefteberaming. Gemeenskapsontwikkeling. Beplanning en implementering van samewerkende gemeenskapsgebaseerde tussentrede. Toepassing van beginsels van monitering en evaluering. NB: Slegs vir Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe-studente.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die studie van die normale ontwikkeling en die effek van swak gesondheid en gestemdhede in die areas van spel, skool/opvoeding. Die wetenskap en toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle aktiwiteit te bevorder, met die inagneming van persoonlike en omgewingskontekste. Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Die studie van die effek van swak gesondheid en gestremdhede in die area van aktiwiteite van die daaglikse lewe (ADL). Die wetenskap en die toepassing van die beginsels van arbeidsterapie om deelname aan betekenisvolle bedrywighede te bevorder; die inagneming van persoonlike en omgewingskontekste, Dit sluit die patologie, oorsake, kliniese beeld en prognose van geselekteerde toestande in.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Fundamentele modules

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Voortgesette studie in arbeidswetenskap met die klem op die aktiwiteitsareas. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in ‘n gemeenskapsveldwerkinstansie, ‘n elektiewe beroepsrehabilitasie-veldwerkplasing in ‘n elektiewe pediatriese veldwerkplasing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortgesette studie van arbeidsterapie vir pasiënte/kliënte met fisiese en neurologiese toestande. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in die fisiese/neurologiese veldwerkplasings.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Voortgesette studie van arbeidsterapie vir die gebruikers van geestesgesondheid. Integrasie en toepassing van kennis en vaardighede in ‘n geestesgesondheidveldwerkplasing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beginsels vir die bestuur en administrasie van ? arbeidsterapie departement in die openbare sektor. Beginsels vir die instel en bestuur van ? privaat praktyk. Bestuur van hulppersoneel in arbeidsterapie. Bemarkingstrategieë in arbeidsterapie. Professionele etiek, waardes en verantwoordbaarheid. Etiese kode in arbeidsterapie.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences