Jaarboeke

Program: BA Inligtingsontwerp

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130102 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 522
Contact:
Dr F Cassim
[email protected]
+27 (0)124205188

Programinligting

Hierdie program fokus op inligtingsontwerp en kandidate kwalifiseer vir toegangsvlak-aanstellings in die massakommunikasie-industrieë van grafiese ontwerp, reklame, ‘branding’, advertensiewese sowel as uitsaai- en uitgewerswese. Met ’n sterk sosiale onderbou inkorporeer die program ontwerpstrategieë, ontwerptoepassing en ontwerp-produkte in druk, omgewings- en skermbasismedia en -tegnologieë.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie jaarliks

Toelatingsvereistes

  • Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: 'n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; 'n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van 'n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
  • Kandidate wat voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes sowel as die TPT-vereistes van hierdie programme sal in die programme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie.
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om 'n TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie programme ontvang het, maar 'n TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke.
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word.
  • Aansoekers wat aan die minimum TPT-vereistes voldoen, maar nie aan die vakvereistes nie, moet die NBT aflê.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
  • Departementele keuring vir hierdie graadprogram bestaan uit ’n merietekeuringsproses en ’n finale keuringsproses, sowel as die indiening van ‘n vraelys en ‘n portefeulje van ten minste 20 werke wat jy onlangs gemaak het. Die voltooide vraelys en portefeulje moet teen 30 Junie by die Departement Visuele Kunste ingedien word. Besonderhede in verband met die keuringsproses en portefeuljevereistes kan by www.up.ac.za/visualarts verkry word. Op grond van die vraelys en die portefeulje sal jy in kennis gestel word of jy kwalifiseer om met die finale keuringsproses voort te gaan. As jy die merietekeuring slaag, sal jy versoek word om die finale keuringsproses by te woon. Dit sal uit visualiseringstoetse, praktiese toetse en ’n onderhoud bestaan. Die finale keuringsproses vind tydens Augustus plaas. Jy sal teen einde Augustus ingelig word oor die uitslae van die finale keuringsproses. Ongeveer 100 aansoekers sal genooi word om deel te neem aan die finale keuringsproses

                                                                                                                                                                          

Minimum vereistes 

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

NSS/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

30

Addisionele vereistes

Departementele keuring is nodig om vir hierdie program te kan registreer. Alhoewel kuns as Graad 12-vak nie ’n vereiste is nie, moet ’n kandidaat sy/haar kreatiewe potensiaal en toewyding tot die gekose veld van studie demonstreer ten einde te oorweeg te word vir die merietekeuring. Daar word derhalwe van kandidate verwag om ’n portefeulje van werk voor te lê vir merietekeuringsoorweging en, indien uitgenooi, om ’n reeks toetse af te lê, sowel as om ’n onderhoud te voer met ’n keuringspaneel. Kontak die koördineerder in hierdie verband. ’n Student wat hierdie program kies, moet gedurende die derde en vierde studiejare minstens ses weke in ’n ontwerp- of reklameateljee werk wat deur die koördineerder goedgekeur is.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, word vrygestel van VAG 110 en VAG 125.

Bevordering tot volgende studiejaar

##Bevordering tot die tweede studiejaar

Slaag: IOW 100, ILL 101,VKK 111, 121 en 123.

## Bevordering tot die derde studiejaar

Slaag: IOW 200, VKK 211,221,222.

##Bevordering tot die vierde studiejaar

Slaag: IOW 300, VKK 311, 321 en 322.

##Afwyking van hierdie vereistes mag deur die Dekaan op aanbeveling van die departe­mentshoof goedgekeur word.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat minstens 75% in IOW 400 en VKK 402 behaal.

Minimum krediete: 134

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    This module equips students to understand and use a range of discipline-specific terminology; apply the strategies of critical and comprehensive reading to their own academic literacy; apply the conventions of academic writing to their own writing, using the process approach, to produce intelligible academic texts and use the correct referencing technique as required by the faculty.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    This module intends to equip students to cope more confidently and competently with the reading and understanding of a variety of texts, to apply these skills in a variety of contexts and to follow the conventions of academic writing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Verkry, evalueer, verwerk, bestuur en bied inligtingsbronne vir akademiese doeleindes aan deur gebruik te maak van toepaslike tegnologie. Pas effektiewe soekstrategieë toe in verskillende tegnologiese omgewings. Demonstreer die etiese en regverdige gebruik van inligtingsbronne. Integreer 21ste-eeuse kommunikasie met die bestuur van akademiese inligting.

    Sien meer

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Hierdie module ontwikkel tekenvaardighede wat gebruik kan word om idees visueel te verken en om beelde te skep vir visuele kommunikasie. Begrip van struktuur, vorm, ruimte en beligting word ontwikkel deur perseptuele verkenning van mensgemaakte en organiese vorms, ondersteun deur verwante teorie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: kontemporêre idees
    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondesoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Beelde oor media heen: historiese perspektiewe

    Hierdie module bied ? historiese oorsig, vanuit ? spesifieke Afrika-uitgangspunt gesitueer in die globale, van die wyses waarop beelde oor en deur verskillende media heen in visuele kultuur verskyn. Deur kernmodusse, temas, genres en visuele tekste te ontgin, word die wyses ondersoek waarop historiese gebeure en kulturele en ideologiese neigings die visuele beïnvloed. Die volgende temas kan behandel word: die progressie van grafiese en industriële ontwerp vanaf die Industriële Omwenteling, fotografie, kuns, mode, kleredrag, tydskrifte, gedrukte media en poskaarte. Die module bied ook ? inleiding tot die navorsingsbenaderings en -metodes in die veld van visuele kultuur. 

     

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Inleiding tot ontwerp as visuele vorm: elemente, beginsels en logika van ontwerp, kleur en die gebruik daarvan as ’n ontwerpmedium, analise, sintese en toepassing van geselekteerde tegnieke. Inleiding tot tipografie: terminologie, historiese ontwikkeling en basiese teksvorming, tipografie as direkte kommunikasie, tipografie as illustratiewe entiteit. Inleiding tot die ontwerpproses: oorspronklikheid en konseptuele waardes, navorsing, konsepontwikkeling, visuele artikulasie en ontwerprasionale, self-evaluering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Grondbeginsels van visuele kultuur Hierdie module dien as ‘n inleiding tot kuns en visuelekultuurteorie deur na ‘n verskeidenheid tekste en idees te verwys. Die module bied aan studente ‘n wye blootstelling aan visuele diskoerse en sluit ‘n verskeidenheid visuele voorbeelde in bv kunswerke en advertensies. Die diskoerse waarna verwys word mag die volgende insluit: die ondersoek na wat visuele kultuur is; modusse van analise; inleiding tot terme soos ideologie en mite; die kontekstuele bekendstelling van geselekteerde periodes in die geskiedenis; die inleiding tot kulturele ikone en temas vanuit populêre visuele kultuur.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    Visuele (Post)kolonialismes Hierdie module ondersoek aspekte van ‘n Afrika identiteit, Afrosentrisme, multi¬kulturalisme, transnasionalisme en die Afrika diaspora, asook ‘n toeligting van die kruispunte tussen tradisionele kuns, toerisme kuns en die hibriede estetika van kontemporêre Afrika kuns en visuele kultuur. Die module konsentreer ook op die ideologieë van imperialisme en kolonialisme en die invloede daarvan op kuns en visuele kultuur vanaf die negentiende eeu. Die invloed van postkoloniale denke op die dekonstruksie van die koloniale word o.a. deur die landskap en geheue, die eksotiese en Primitivisme uitgelig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Gender, seksualiteit en visuele voorstelling Hierdie module bied ‘n inleiding tot die uitbeelding van seks, gender en seksualiteit in visuele kultuur. Gender teorieë en terminologie wat verband hou met feminisme, manlikheid studies en lbgtq teorieë (lesbiese, biseksueel, homoseksueel, transgenderisme, queer) word ondersoek. Temas en brandpunte rakende gender en identiteitspolitiek soos die figuur van die manlike held, die vroulike naak in die laat 19de eeuse kuns, die femme fatale, histerie, androginie en transseksualiteit word hanteer. Seksualiteit en gender in ‘n wye verskeidenheid van visuele kultuur uitbeeldings soos sepies, sitcoms, kunswerke, advertensies, mode, musiekvideos en films word belig.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    * Geslote – vereis departementele keuring Hierdie module ontwikkel vaardighede wat nodig is vir die konseptualisasie, visualisasie en aanbieding van idees en beelde met verskillende betekenisse en doeleindes/funksies. Areas wat verken word sluit in die interpretasie van woord- en beeldrelasies, visuele retoriek, karakterisering, diagrammatisering van informasie, die skep van instruksionele storieborde en media-eksperimentering.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring Inleiding tot digitale tegnologie. Tipografie en uitleg: tipografiese uitdrukking, uitlegsisteme en -strukture, integrasie van beelde en teks. Fotografie in ontwerp. Ontwerp as visuele kommunikasie: uitdrukkings- en funksionele dimensies, geselekteerde tegnieke en media. Toepassing en ontwerp: probleemoplossing van visuele identiteit, verpakkings-, redaksionele- en reklame-ontwerp.

    Sien meer

Minimum krediete: 160

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring Rekenaarvaardigheid en digitale tegnologie as medium vir ontwerp. Produksiebestuur: tegnologie en produksiesisteme vir papier- en skermgebaseerde media. Ontwerp as visuele kommunikasie: inhoud, gehoor, media en ontwerpstrategie. Toepassing en ontwerp: probleemoplossing van visuele identiteit, verpakkings-, uitstallings-, redaksionele, advertensie- en reklame-ontwerp. Individuele ontwerpnavorsing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring Hierdie module voorsien vir die integrasie van beeldskepping en visualisasie met geselekteerde Inligtingsontwerpuitkomstes. Persoonlike benaderings tot konseptualisasie, kritiese refleksie, outografiese styl en die gebruik van media word ontwikkel deur die verkenning van dieper vlakke van betekenis en visuele interpretasie.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Post/Moderniteite: Kontemporêre diskoerse
    Hierdie module ondersoek modernisme en postmodernisme as die oorheersende estetiese, diskursiewe en visuele paradigmas van die 20ste en 21ste eeu. Sleutelbegrippe in hierdie diskoerse en kontradiskoerse word belig en uitgebou, soos die daarstelling van moderne subjektiwiteit, die skone en die sublieme, die avant garde, die metafisika van teenwoordigheid, oorspronklikheid, outeurskap, hermeneutiek, die “taal”-wending, différance en die sogenaamde “einde van kuns”. Teoretici mag insluit: Kant, Heidegger, Derrida and Foucault.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    Visuele en virtuele ruimtes Die kritiese dekodering van kultureel gekodeerde idees en ideologieë in die konstruksie van ruimte, plek en kuberruimte in geselekteerde modernistiese en postmodernistiese kulturele praktyke word beoog. Temas sluit in ruimtes van verbruik en vermaak soos inkopiesentrums; gender en ruimtelikheid; simboliese ruimtes; bewaking en die argitektuur van vrees. Landkuns, omgewingskuns en verwante temas word ook aangespreek. Die wyses waarop ware ruimte gevirtualiseer word deur nuwe tegnologieë; die geskiedenis en ontwikkeling van virtuele ruimtes, virtuele gemeenskappe, die kuborg en kuberpunk, sowel as posthumanisme word ondersoek met ’n spesifieke fokus op hoe beliggaming en ontliggaming visueel uitgebeeld word.

    Sien meer

Minimum krediete: 120

Kernmodules

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring
    Prosesse in ontwerppraktyk: beplanningstrategieë, metodes vir probleemoplossing, ontwerpevaluering, kommunikasie, besigheidsbeginsels en etiek. Geïntegreerde toepassing van kennis en vaardighede deur middel van gevorderde ontwerpprobleemoplossing. Individuele ontwerpnavorsing.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Geslote – vereis departementele keuring Hierdie module fokus op die studie van die geskiedenis, teorie en kritiese benaderings tot ontwerp. Dit behels die beskouing van hedendaagse diskoerse in ontwerp binne nasionale en internasionale kontekste.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences