Jaarboeke

Amptelike toere

(a)     Die reglement vir amptelike toere wat deur studente van die Universiteit van Pretoria onderneem word, bepaal die organisering, goedkeuring en effektiewe beheer van amptelike toere, ekskursies of uitstappies van studente buite die grense van Pretoria wat deur studente self, werknemers van die Universiteit van Pretoria of ’n Universiteitsinstansie georganiseer word en waaraan die naam van die Universiteit van Pretoria gekoppel is.

(b)     Amptelike toere word in drie kategorieë verdeel, naamlik akademiese toere, studentetoere en sporttoere.

(c)     Die Universiteitsowerheid behou die reg om tydens of na ’n toer tugstappe ooreenkomstig die Reëls en Regulasies van die Universiteit van Pretoria, teen toerouer(s) en/of toerbesture en/of toerlede in te stel.

                (Die reglement is op aanvraag by die VSR beskikbaar.)


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences