Jaarboeke

Program: PhD Rekenaarwetenskap

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12266000 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

Die departement bied ’n navorsingsgebaseerde PhD-graad aan. Die student werk onder leiding van ’n promotor en moet ’n navorsingsprojek identifiseer en voltooi. Daar moet ten volle verslag gedoen word van navorsingsresultate in ’n PhD-proefskrif. Tensy anders besluit deur die Dekaan, op die aanbeveling van die promotor, word die PhD (Rekenaarwetenskap)-graad toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.

Verwys na G Regulasies G.42 tot G.54.

 

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van G Regulasies G.1.3, G.42 en G.54, vereis toelating tot doktorale studies dat die kandidaat ten minste 75% behaal het in 'n meestersgraad in rekenaarwetenskap.

Eksamens en slaagvereistes

Die proefskrif en eksaminering daarvan behoort te bevestig dat die kandidaat gevorderde en oorspronklike navorsing en/of kreatiewe werk gedoen het wat ’n werklike en noemenswaardige bydrae maak tot die rekenaarwetenskap-dissipline.

 

Navorsing

Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke studieleier/promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met die indiening van die verhandeling ten minste een konsepartikel vir publikasie in ‘n erkende akademiese joernaal, en, in die geval van ‘n proefskrif, ‘n bewys uitgereik deur ‘n geakkrediteerde joernaal dat ‘n artikel ingedien is, by die Hoof: Studenteadministrasie indien.

Die konsepartikel of die artikel wat ingedien is, na gelang van die geval, moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die verhandeling/proefskrif gedoen het en moet deur die studieleier/promotor goedgekeur wees, indien die studieleier nie ‘n mede-outeur is nie.

Die studieleier/promotor sal verantwoordelik wees daarvoor om toe te sien dat die artikel deur die prosesse van hersiening en hervoorlegging gaan, soos nodig mag wees. Die toekenning van die graad kan onderhewig gestel word aan die nakoming van die voorskrifte van hierdie regulasie.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences