Jaarboeke

Program: PhD Rekenaar-ingenieurswese

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12263102 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54, word geen kandidaat tot die studie vir ’n doktorsgraad toegelaat nie, tensy hy of sy in besit is van ’n magister- graad in Ingenieurswese of ’n ander gelykwaardige magistergraad.

 

Ander programspesifieke inligting

Ing. 23

Sien ook die Algemene Regulasies. G.42 tot G.53.

(a)     Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies G.42 en G.54, word geen kandidaat tot die studie vir ’n doktorsgraad toegelaat nie, tensy hy of sy in besit is van ’n magister- graad in Ingenieurswese of ’n ander gelykwaardige magistergraad.

(b)     Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die promotor anders besluit, word die graad PhD (Ingenieurswese) toegeken op grond van ’n proefskrif en ’n eksamen oor die proefskrif.

(c)     Tensy die Senaat, op aanbeveling van die betrokke promotor, anders besluit, moet die student voor of gelyktydig met indiening van die proefskrif, ’n bewys uitgereik deur ’n geakkrediteerde joernaal dat ’n artikel ingedien is, by die Hoof: Studente- administrasie indien. Die artikel wat ingedien is moet gebaseer wees op die navorsing wat die student vir die proefskrif gedoen het en moet deur die promotor goedgekeur wees indien die promotor nie ’n mede-outeur is nie. Die promotor sal verantwoordelik wees om toe te sien dat dat die artikel deur die proses van hersiening en hervoorlegging geneem word, soos wat vereis mag word. Die toekenning van die graad is onderworpe aan nakoming van die voorwaardes van hierdie regulasie.

(d)    Die student moet deur sy werk, proefskrif en eksamens bewys lewer van gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk wat ’n wesenlike en besondere bydrae is tot die kennis van die ingenieurswetenskap en/of -praktyk.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences