Jaarboeke

Program: MSc: Toegepastewetenskappe Toegepaste Wetenskap: Vervoerbeplanning

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12253028 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Die MSc (Toegepaste Wetenskap)-graad word toegeken deur dieselfde departemente as die BScHons (Toegepaste Wetenskap)-graad.

’n Minimum van 128 krediete word vereis vir die MSc-graad. ’n Miniverhandeling (64 krediete) en kursuswerk (64 krediete) of ’n verhandeling (128 krediete) word in die program ingesluit.

Tensy die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke departementshoof, anders besluit, word die magistergraad toegeken op grond van eksamens in kursuswerk en ’n miniverhandeling of ’n verhandeling (insluitend ’n eksamen oor die verhandeling).

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Regulasie G.54 word ‘n toepaslike BScHons-graad of gelykwaardige kwalifikasie vir toelating vereis.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences