Jaarboeke

Program: MChD Mondpatologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
11250031 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 5 jaar

Toelatingsvereistes

(i)       Elke kandidaat moet vir toelating tot die MChD-graadprogram

(aa)    in besit wees van die BChD-graad van die Universiteit van Pretoria, of ’n gelykwaardige kwalifikasie, of ingevolge die bepalings van Alg. Reg. G.1.3 en G.62 tot magisterstudie toegelaat word;

(bb)    by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as ’n tandarts geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.

(ii)     Vir die MChD-graad (endossement Maksillofasiale Chirurgie – Geneeskundig of Tandheelkundig) (Kode 11250091 en 11250011) moet ’n kandidaat:

(aa)    behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.1.3 en G.62, vir minstens een jaar in besit wees van die BChD- en/of MBChB-graad of die gevorderde trauma-lewensondersteuningskursus geslaag het – wat as ’n gelykwaardige kwalifikasie geag word (hoogstens drie pogings), asook die basiese vakke Anatomie 870, Fisiologie 806 en Farmakologie 809 en die NGDiplTandh (Mondchirurgie), met ’n slaagpunt van minstens 65% in die hoofvak. Studente in besit van die Nagraadse Diploma in Tandheelkunde [NGDiplTandh] in die studieveld Mondchirurgie en/of die Magister Scientiae Tandheelkunde [MScDent] met Mondchirurgie as die hoofstudierigting, mag skriftelik aansoek doen om krediet vir die basiese vak(ke) (raadpleeg ook Algemene Regulasie G.10.3(b)).

(bb)    by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as tandarts en/of geneesheer geregistreer wees in die kategorie Onafhanklike Praktykvoering.

(iii)          Vir die MChD grade in Ortodonsie, Periodonsie en Mondgeneeskunde en Prostodonsie word dit van ’n kandidaat verwag om al die basiese vakke [Universiteit van Pretoria of die Kolleges vir Geneeskunde] te slaag voor hy of sy toegelaat sal word tot die eerste studiejaar. Die volgende basiese vakke word vereis; vir Ortodonsie (Anatomie 871 en Fisiologie 806); vir Periodonsie en Mondgeneeskunde (Anatomie 873,Fisiologie 806, Algemene Patologie 808 en Mondbiologie 800) en vir Prostodonsie (Anatomie 874, Fisiologie 806 en Mondbiologie 800).

 

 

Ander programspesifieke inligting

Koste of fooie vir enige eksamen(s) en registrasie by die Kolleges vir Geneeskunde van Suid-Afrika moet deur die student gedra word.

Eksamens en slaagvereistes

(i)      Eksamen in die basiese vakke

’n Student moet die basiese vak Molekulêre patologie (MPX 800) by die Universiteit van Pretoria slaag. Die basiese vak, Anatomiese patologie (ANP 808) sal deur die Kollege vir Patoloë as hul Deel I geëksamineer word.

(ii)     Eksamen en evaluering in die hoofvak

(aa)     Die finale uitgangseksamen in die hoofvak (MPG 802) sal deur die Kollege vir Patoloë geadministreer word. Slegs kandidate wat aan al die vereistes vir die MChD-graad in Mondpatologie voldoen, met uitsondering van die hoofvak (finale eksamen), d.i. alle voorvereiste vakke is geslaag, alle toepaslike opleiding soos voorgeskryf, is voltooi (voortgesette evaluering van die kandidaat in ’n kliniese assistentpos wat deur die departementshoof van die kandidaat goedgekeur is); en die vereiste navorsingskomponent vir die graad is voltooi, sal toegelaat word om die Kollege-eksamen (uitgangs-eksamen) af te lê, waarna hulle beide die MChD en die FCP as spesialiskwalifikasies sal verwerf.

(bb)     Die student moet ’n verhandeling oor ’n goedgekeurde onderwerp wat met die hoofvak verband hou, voorlê en slaag en ’n manuskrip vir publikasie inhandig.

Vrystelling

Vrystelling op grond van vergelykbare opleiding en/of ervaring wat betref die vereistes van gemelde Regulasies vir die Skool, mag deur die Dekaan op aanbeveling van die Departementshoof verleen word, met dien verstande dat vrystelling van die eksamen en evaluering in die hoofvak nie verleen mag word nie.

Let wel: Die regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, soos gepubliseer in die Staatskoerant Nr. 4631 van 11 Januarie 1991 – Kennisgewing Nr. R.40 (soos gewysig), sal as maatstaf in die bepaling van die tydperk van vrystelling gebruik word.

Slaag met lof

'n Student wat ’n finale punt van minstens 75% met die eerste poging in die hoofvak behaal, verwerf die graad met lof.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences