Jaarboeke

Program: Gev Univ Dipl in Mondhigiëne Mondhigiëne

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
11120013 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar

Programinligting

Die program word geïntegreerd aangebied en beplan rondom een of meer van die tandheelkundige dissiplines of enige ander tema soos met die betrokke departementshoof(de) ooreengekom en deur die Dekaan goedgekeur.

Die program word slegs op ’n deeltydse basis aangebied met kontakure soos deur die betrokke departementshoof(de) bepaal.

Toelatingsvereistes

Kandidate moet in besit wees van 'n Diploma in Mondhigiëne of Tandterapie of 'n gelykwaardige kwalifikasie en moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika as mondhigiënis of tandterapeut geregistreer wees.

 

Ander programspesifieke inligting

Die basiese vak word deur die departementshoof bepaal en deur die Dekaan goedgekeur.

Eksamens en slaagvereistes

(i)      ’n Jaarpunt van minstens 50% word vereis om tot die eksamen toegelaat te word. ’n Subminimum van 50% word in die eksamen vir alle modules vereis met ’n finale punt van minstens 50% om te slaag. ’n Student wat een of meer van die modules druip, moet sodanige modules in die daaropvolgende semester herhaal en eksamen daarin aflê. In modules wat geslaag is, word slegs praktiese en kliniese werk vereis.

(ii)     Die vereistes hierbo genoem geld ten opsigte van ’n student wat na herhaling van ’n semester weer van die modules druip.

Slaag met lof

Die diploma word met lof uitgereik aan ’n student wat ’n gemiddelde van minstens 75% in beide die hoofstudierigting en die basiese vak behaal.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences