Jaarboeke

Program: PhD Sportwetenskap

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260581 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar
Contact:
Prof PS Wood
[email protected]
+27 (0)124206046

Programinligting

’n Student vir die PhD-graad moet

  1. onder toesig van 'n promotor aan die Universiteit of 'n ander instansie deur die Senaat goedgekeur, oorspronklike navorsing tot die bevrediging van die eksaminatore verrig; en
  2. 'n proefskrif voorlê wat na die oordeel van die eksaminatore bevredigend toon dat hy of sy met onafhanklike kritiese oordeelsvermoë ’n bepaalde bydrae tot die verryking van kennis in die gekose vak gelewer het.

'n Student moet vir die toekenning van die PhD-graad vir ten minste een akademiese jaar vir die doktorsgraad aan die Universiteit geregistreer wees, alvorens die graad toegeken word.

Die PhD-graad word toegeken op grond van 'n proefskrif en, indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van 'n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan 'n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om ’n beperkte, vasgestelde verlenging van die tydperk.

Toelatingsvereistes

‘n Minimum punt van 60% in die verhandeling van die verwante meestersgraadprogram wat met die spesifieke doktorale program artikuleer. ‘n Aanvaarbare vlak van taalvaardigheid in Afrikaans en Engels word vereis.

 

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies. Let wel: Alle PhD-studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die magistergraad geslaag is.) Studente wat die spesialiseringsrigting Farmakologie vir hierdie graad volg, neem egter (FAR 872) Farmakologie: Inleiding tot laboratoriumnavorsing en -tegnieke 872 in plaas van TNM 800.

Eksamens en slaagvereistes

Die doktorale eksamen word mondeling en/of skriftelik afgeneem en handel oor die inhoud van die proefskrif sowel as daardie onderdele van die vakgebied waarop die proefskrif gebaseer is, indien versoek.

Navorsing

'n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif asook die volledige curriculum vitae van die student, moet aan die Nagraadse Komitee van die betrokke Skool en indien nodig ook aan die Etiekkomitee vir goedkeuring voorgelê word. Die proefskrif moet handel oor 'n probleem uit een of ander gebied van die Gesondheidswetenskappe en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit gevorderde oorspronklike navorsing en/of skeppende werk op die gebied van die Gesondheidswetenskappe is. Dit moet ’n oorsig bevat van literatuur wat oor die onderwerp gebruik is, 'n beskrywing van die waarnemings en proefnemings wat deur die student gedoen is, en ook 'n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe geraak is.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences