Jaarboeke

Program: PhD Radiografie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260571 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar

Programinligting

Sien ook Algemene Regulasies.

Die graad PhD in die studierigting Radiografie word toegeken op grond van ’n proefskrif en, tensy die Dekaan anders besluit, ’n eksamen (RAD 900) wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.

Let wel:

Alle PhD-studente moet registreer vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die MRad-graad geslaag is.)

 

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen student tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy of sy in besit is van 'n magistergraad.

 

Navorsing

(a)    Die proefskrif (RAD 990) moet handel oor ’n probleem uit een of ander gebied van Radiografie; moet ’n oorsig gee oor die literatuur van die onderwerp, en ’n beskrywing bevat van die gevolgtrekkings waartoe gekom is, en verder die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit oorspronklike navorsing is.

(b)   'nVolledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif moet by die aanvang van die studie aan ’n evalueringskomitee en ook aan die etiekkomitee vir goedkeuring voorgelê word.

(c)     Die evalueringskomitee word deur die departementshoof in samewerking met die Voorsitter van die Skool saamgestel en sal uit bewese kundiges in navorsing in die beoogde studieveld van die kandidaat bestaan.

(d)    Minstens twee van die komiteelede sal uit ander nasionale en/of internasionale tersiêre instansies aangewys word. Weens finansiële beperkings sal tegniese hulpmiddels gebruik word wanneer die komiteelede van buitelandse universiteite benoem word en daarom die vergadering nie kan bywoon nie. Die verslag van die evalueringskomitee sal skriftelik aan die kandidaat beskikbaar gestel word.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences