Code | Faculty |
---|---|
10260451 | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 2 jaar |
Die graad PhD word toegeken op grond van ’n proefskrif (FTP 990) en tensy die Dekaan anders besluit, ’n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif (FTP 900).
Die maksimum tydperk vir die voltooiing van ’n doktorsgraad is vyf jaar. Ingevolge die bepalings van die Algemene Regulasies kan die Voorsitter van die Skool op aanbeveling van die departementshoof in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk toelaat.
Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen kandidaat tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy/sy in besit is van ’n magistergraad in Fisioterapie of ’n gelykwaardige kwalifikasie.
Sien ook Algemene Regulasies.
Let wel: Studente moet vir (TNM 800) Toegepaste navorsingsmetodologie 800 registreer en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die MPhysT-graad geslaag is.)
(a) ’n Volledige navorsingsprotokol ten opsigte van die beoogde proefskrif moet aan ’n evalueringskomitee, en indien nodig, ook aan die etiekkomitee voorgelê word vir goedkeuring. Die evalueringskomitee word deur die departementshoof in same-werking met die Voorsitter van die Skool saamgestel en sal uit bewese kundiges in navorsing in die beoogde studieveld bestaan.
Minstens twee van die komiteelede sal uit ander nasionale en/of internasionale tersiêre instansies aangewys word. Weens finansiële beperkings sal tegniese hulpmiddels gebruik word wanneer die komiteelede van buitelandse instansies benoem word en daarom die vergadering nie kan bywoon nie. Die verslag van die evalueringskomitee sal skriftelik aan die kandidaat beskikbaar gestel word.
(b) Die proefskrif moet handel oor ’n probleem uit ’n gebied van Fisioterapie en moet die promotor en eksaminatore tevrede stel dat dit oorspronklike navorsing is.
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App