Jaarboeke

Program: PhD Arbeidsterapie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260321 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar

Programinligting

Die graad PhD in die rigting Arbeidsterapie word toegeken op grond van ’n proefskrif en, tensy die Dekaan anders besluit, ’n eksamen (ART 900) wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.

Die proefskrif (ART 990) moet handel oor ’n probleem op een of ander gebied van Arbeidsterapie; moet ’n oorsig gee van die literatuur oor die onderwerp en ’n beskrywing bevat van die waarnemings en proefnemings deur die student gedoen asook ’n bespreking van die gevolgtrekkings waartoe daar geraak is.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies word geen student tot die studie vir die doktorsgraad toegelaat nie tensy hy of sy in besit is van 'n magistergraad.

Addisionele vereistes

Sien ook Algemene Regulasies.

Let wel: Alle PhD-studente moet registreer vir TNM 800 Toegepaste navorsingsmetodologie 800 en dit bevredigend bywoon. (Vrystelling word verleen indien die module reeds vir die MArb-graad geslaag is.)


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences