Jaarboeke

Program: BRadHons Kerngeneeskunde

Code Faculty Duration Credits
10247071 Fakulteit Gesondheidswetenskappe Duur van studie: 1 jaar

Programinligting

Studente wat op voorgraadse vlak (d.i. vanaf die tweede studiejaar) in Kerngeneeskunde gespesialiseer het, registreer volgens hierdie leergang.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van die Algemene Regulasies, word minstens ’n baccalaureus honoresgraad in Radiografie vereis, asook registrasie as ’n radiograaf by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika.
 
Die magistergraad mag slegs gevolg word in die spesialiseringsrigting waarin die voorafgaande graad of gelykwaardige kwalifikasie verwerf is.

Addisionele vereistes

Alle studente moet registreer vir NVB 700 Navorsingsbeginsels.

Sien ook die Algemene Regulasies.

Eksamens en slaagvereistes

'n Tweede eksamengeleentheid kan in modules wat nie geslaag is nie, toegestaan word, ooreenkomstig die bepalings van die Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe in die verband.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat 'n gesamentlike gemiddelde van minstens 75% in al die modules vir die graad behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2020. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share