Jaarboeke

Program: Hoër Sertifikaat (Sportwet) Opsie: Sportafrigting

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10120001 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 130
Contact:
Dr F Rossouw
[email protected]
+27 (0)124206116

Programinligting

Die sertifikaatprogram verskaf ‘n basis vir kennis- en vaardigheidsontwikkeling vir die verbetering van sportprestasie dmv fisieke evaluering, oefening-/ kondisionerings-voorskrifte en navorsing. Die doel is om wêreldklas afrigters te ontwikkel wat suksesvol in ‘n interdissiplinê omgewing kan funksioneer om sodoende atlete en sportspanne se prestasie te verbeter deur die gebruik van die nuutste tegnieke en navorsing. Daar word dus gestreef na internasionaal erkende akademiese uitnemendheid met plaaslike relevansie. Die program sal ‘n ideale leeromgewing skep deur die gebruik van lesings, tutoriale, praktiese sessies en probleemoplossingsgeleenthede. Studente sal hul opleiding van kundiges in die veld van sportwetenskap en afrigting ontvang. Studente sal die geleentheid gebied word om met verskeie sportkodes en sportlui op verskillende vaardigheidsvlakke te werk. Studente wat die program suksesvol voltooi en verder wil studeer, kan aansoek doen vir die BA (Sport en Vryetydstudies) Opsie: Sportafrigtingprogram in die Fakulteit Geesteswetenskappe, of die BEd-graad in die Fakulteit Opvoedkunde.

Ander programspesifieke inligting

* Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences