Jaarboeke

Program: BSc Biologiese Wetenskappe

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
03130001 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 140

Toelatingsvereistes

  • Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.

 

Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde Fisiese Wetenskap TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 5 3 C C 5 3 C C 30
 
Kandidate wat nie aan bogenoemde minimum toelatingsvereistes voldoen nie omdat hulle ‘n NSS/IEB-prestasievlak van 4 behaal het in een van die voorgeskrewe voorvereiste vakke moet die NBT aflê en mag dan oorweeg word vir toelating tot die BSc of die BSc (Vierjaarprogram) op grond van die uitslae van die NBT.

 

 

Ander programspesifieke inligting

Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei)

Studente wat wil aansoek doen vir die 65 MBChD, of die 5 BChD plekke, wat in die tweede semester beskikbaar word, mag slegs inskryf vir FIL 155(6), MGW 112(6) enMTL 180(12) op dié voorwaarde dat:

  • hulle ’n TPT van ten minste 34 behaal en Graad 12 Wiskunde met ten minste 70% slaag, en
  • hulle mag afwyk om nie WTW 134 in die eerste semester te doen nie, met dien verstande dat indien hulle nie gekeur word nie, en wil aangaan met BSc, WTW 165 in die tweede semester van die eerste jaar geneem moet word.
  • Studente moet kennis neem van die voorvereistes vir FLG 211 en FLG 212.

Let wel: ANA-modules kan slegs geneem word deur BSc (Mediese Wetenskappe)-studente.

'n Student moet al die minimum voorgeskrewe en keusemodules slaag soos uiteengesit aan die einde van elke jaar in ‘n program asook die totale aantal vereiste krediete behaal om te voldoen aan die betrokke graadprogramvereistes. Verwys asseblief na die kurrikulum soos uiteengesit. Ten minste 144 krediete moet op 300-/400-vlak wees, of andersins soos aangedui deur die kurrikulum. Die minimum modulekrediete wat nodig is om te voldoen aan graadvereistes word uiteengesit aan die einde van elke studieprogram. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui sal ’n maksimum van 150 krediete op 100-vlak erken word.

’n Student mag in konsultasie met die Hoof van die Departement en in oorleg en met die toestemming van die Dekaan, voorgeskrewe modules volg of vervang met modules wat nie aangedui is in die BSc- driejaarstudieprogramme nie en wat die ekwivalent of die maksimum van 36 modulekrediete is. Dit is egter wel belangrik dat die totale aantal voorgeskrewe modulekrediete binne die loop van die graadprogram voltooi word. Die Dekaan mag in die verband, en op aanbeveling van die Departementshoof, afwykings goedkeur. Met betrekking tot die BSc-programme soos aangedui mag ’n student nie vir meer as 75 modulekrediete per semester op eerstejaarvlak registreer nie. ’n Student word slegs in oorleg met en met toestemming van die Dekaan toegelaat om te registreer vir 80 krediete in die eerste semester gedurende die eerste jaar indien die student ’n finale punt van nie minder nie as 70% vir Graad 12 Wiskunde en ’n TPT van 34 of meer behaal het vir die NSS.

Studente wat alreeds in besit van ’n baccalaureusgraad is, kan nie erkenning kry vir modules waarvan die inhoud oorvleuel met modules van die graad wat reeds toegeken is nie. Verder sal krediete ook nie vir meer as 50% oorweeg word nie vir krediete geslaag tydens studie vir ’n vorige onvoltooide graad. Geen krediete op die finale jaar of op 300- en 400-vlak sal goedgekeur word nie.

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student word tot die volgende studiejaar bevorder mits hy of sy 100 van die vereiste krediete wat in 'n studiejaar voorgeskryf word, slaag tensy die Dekaan op aanbeveling van die departementshoof anders besluit. 'n Student wat nie aan die vereistes vir bevordering tot die volgende studiejaar voldoen nie, behou krediete vir die modules waarin hy of sy geslaag het, en mag deur die Dekaan, op aanbeveling van die departementshoof, tot hoogstens 48 krediete van die modules van die volgende studiejaar toegelaat word, mits dit by die lesing-/eksamenrooster inpas.

Slaag met lof

'n Student slaag met lof indien hy of sy in een enkele akademiese jaar alle vereiste modules op 300-vlak of hoër slaag en 'n geweegde gemiddelde van minstens 75% in daardie modules behaal, met dien verstande dat  'n subminimum van 65% behaal word in die betrokke modules wat vereis word.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences