Jaarboeke

Program: BVerbruikerswetenskap Gasvryheidsbestuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
02130115 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 564

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram.
  •  Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspuntteling (TPT).
  •  Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • Finale toelating is gebaseer op Graad 12-uitslae.

 

Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSC/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 4 3 D D 28
 
Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie kan oorweeg word vir toelating tot die BVerbruikerswetenskap-studieprogram op grond van die uitslag van die NBT. Neem kennis: Geen verlengde program word in BVerbruikerswetenskap aangebied nie.

 

 

Ander programspesifieke inligting

Studente mag vir AIM 111 en AIM 121 in plaas van AIM 101 inskryf (dieselfde inhoud oor twee semesters versprei)

Studente wat nie kwalifiseer vir STK 110 nie moet vir STK 113 en 123 registreer.

Bevordering tot volgende studiejaar

'n Student wat nie al die modules van ’n betrokke studiejaar geslaag het nie, moet eers vir die ontbrekende modules registreer. Met goedkeuring van die departementshoof mag modules van die volgende studiejaar vooruit geneem word, mits daar geen roosterbotsings is nie, aan al die vereistes en voorvereistes voldoen is en nie meer as ’n toegelate aantal krediete per semester geneem word nie. By berekening van die toelaatbare aantal krediete, geld die krediete van die semester waarvan daar modules herhaal moet word, as riglyn.

  1. 'n Student registreer as ’n tweedejaarstudent wanneer minstens 80% van die eerste jaar se modulekrediete geslaag is.
  2. 'n Student registreer as derdejaarstudent wanneer minstens 85% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.
  3. 'n Student registreer as ’n vierdejaarstudent wanneer minstens 95% van die voorafgaande jare se modulekrediete geslaag is.

Praktiese/kliniese/internskapinligting

OPI 400: (Praktykopleiding in die industrie): Studente moet gedurende die 4 jaar van studie, gedurende vakansietye, oor naweke en nauurs, ’n totaal van 600 ure praktyk-opleiding in die industrie doen om praktiese en bedryfsvaardighede te ontwikkel,deel te neem aan gemeenskapsontwikkeling en diensleer te verskaf. Dit is gelykstaande aan 3 weke x 40 uur (120 uur) per jaarvir die eerste tot derdejaar en 6 weke x 40 in die vierdejaar om die geleentheidsbestuur ure in te sluit, volgens die vereistes soos bepaal deur die departementshoof. Hierdie opleiding moet suksesvol voltooi wees tesame met bewyslewering van ’n volledige portefeulje alvorens die graad toegeken sal word.

Let wel: Verskeie praktiese en industrie-interaksie aktiwiteite ondersteun die teoretiese komponent van TBE 220, 310 asook VDS 322, VDS 414 & VDS 424 en vind plaas na-ure om praktiese en industrievaardighede te ontwikkel.

 

.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan ’n student wat in die ondergenoemde modules ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% behaal het:

’n Kombinasie van modules gelykstaande aan ses semestermodules:

Toerismebestuur 310

Voedselnavorsingsprojek 480

Grootskaalse voedselproduksie en restaurantbestuur 322

Resepontwikkeling en -standaardisering 413

Fyn kookkuns 414, 424

Voedseldiensbestuur 420

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences