Jaarboeke

Program: MMus Musiektegnologie (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01252083 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

Toelatingsvereistes:
’n BMus (vierjarige graad) of BMusHons in Musiektegnologie asook toestemming van die departementshoof.
Hoof kurrikuluminligting:
Minimum vereiste krediete: [180]
Navorsing: [90]
Kernmodules: [80]
Keusemodules: [10]
 

Kurrikulum                                                                     Krediete

Navorsing

MTZ 890    Miniverhandeling: Musiektegnologie      [90]

 

Kernmodules

MTZ 851    Oudiotegnologie                                        [20]

MTZ 852    Kritiese beluistering                                    [20]

MTZ 854    Musiek: Navorsingsmetodologie              [20]

MTZ 858    Musiekbedryf en industrie                         [20]

 

Keusemodules

Kies een module uit:

MTZ 856    Klankredigering                                          [10]

MTZ 857    Musiektegnologie-seminaar                      [10]

 
Eksamens
(i) ’n Minimum vorderingspunt van 40% in ’n module is nodig om toelating tot die eksamen te kry.
(ii) In die berekening van die finale punt vir ’n module waarin ’n eksamen afgeneem word dra die vorderingspunt ’n gewig van minstens 50% en die eksamenpunt ’n gewig van minstens 50%. Die vorderingspunt word bereken op grond van ten minste twee assesserings wat gedurende die tydperk waarin die module aangebied word gedoen is.
(iii) Om in ’n module te slaag moet ’n finale punt van minstens 50% en ’n minimum eksamenpunt van 40% behaal word met uitsondering van gevalle waar ’n module sonder ’n geskeduleerde eksamen afgesluit word. ’n Student slaag ’n module met lof indien ’n finale punt van minstens 75% behaal is.
(iv) ’n Module mag afgesluit word sonder ’n geskeduleerde eksamen* met dien verstande dat:
(a) al die uitkomste van die betrokke module langs die weg van formatiewe assessering geëvalueer is;
(b) die finale punt bereken word op grond van die student se prestasie by ten minste drie assesseringsgeleenthede;
(c) ’n finale punt van minstens 50% behaal word;
(d) studente nie ’n tweede geleentheid tot assessering soort-gelyk aan ’n hertoets of ’n hereksamen het nie.
*NB Toestemming van die Dekaan moet in sodanige gevalle vooraf verkry word.
 

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences