Jaarboeke

Program: MA Opsie: Afro-Europese Kulturele Verhoudinge

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250014 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 2 jaar
Contact:
Prof AB Hofmeyr
[email protected]
+27 (0)124202702
Prof S Mühr
[email protected]
+27 (0)124202419
Prof L Kriel
[email protected]
+27 (0)124205732

Programinligting

Studente kies een van die volgende vyf spesialiseringsvelde:

  1. Narratiewe, visuele werelde, simboliese ruimtes.
  2. Sosiohistoriese dinamika.
  3. Afro-Europese verhoudinge wat ons oortuigings en waardes onderlê.
  4. Politieke konstruksies.
  5. Tale, kulture, vertalings.

Toelatingsvereistes

- ’n Goedgekeurde honneursgraad uit enige veld in die geesteswetenskappe, sosiale wetenskappe, publieke administrasie, opvoedkunde of regte behaal met ’n gemiddelde van ten minste 60%.

- Ten minste een Europese taal buiten Engels geslaag op eerstejaaruniversiteitsvlak.

 

 

Addisionele vereistes

Voornemende studente moet ’n motiveringsbrief, ’n akademiese rekord en ’n CV aan die PKK voorlê.

Let wel: Finale oorweging en aanvaarding van aansoekers berus by die diskresie van die komitee.

Ander programspesifieke inligting

  1. Twee van die 20-krediet-modules mag aan ’n universiteit in Europa verwerf word (buitelandse studieprogram).
  2. Studente wat nie ’n Europese taal buiten Engels op tweedejaarsvlak geslaag het nie, moet sodanige module neem; so nie kan ’n projek/prakties in die geselekteerde spesialiseringsveld gedoen word, in oorleg met die mentor in daardie veld.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences