Jaarboeke

Program: BAHons Duits

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240201 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 128
Contact:
Prof S Mühr
[email protected]
+27 (0)124202419

Toelatingsvereistes

BA met 'n minimum van 60 krediete in Duits op derdejaarsvlak.

 

 

 

 

 

Addisionele vereistes

’n Gemiddelde van ten minste 65% in Duits op derdejaarsvlak word aanbeveel vir studente wat vir hierdie program inskryf.

Ander programspesifieke inligting

Hierdie program word aangebied in samewerking met die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Modules sal soos volg aangebied word: kontaksessies op die kampus waar die student geregistreer is (direk of via tegnologie soos Skype, videokonferensies, leerportale). Daar mag per geleentheid van studente verwag word om kontaksessies op die Potchefstroom-kampus by te woon.

Studente sal toegelaat word om 1 module onder die titel Capita selecta (keuse) uit ’n verwante veld soos vertaling en tolking, literêre teorie, ens, te neem op voorwaarde dat sodanige module ’n kredietwaarde van ten minste 24 moet hê. Dit moet in oorleg met die programbestuurder gedoen word.

 


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences