Jaarboeke

Program: BAHons Argeologie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01240181 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr A Antonites
[email protected]
+27 (0)124206490
Prof I Pikirayi
[email protected]
+27 (0)124204661

Programinligting

Die honneursgraad behels een jaar voltydse studie en bestaan uit kursuswerk, veld- en laboratorium werk, en eksamens. ’n Navorsingsverslag van tussen 10 000 woorde, gegrond op óf veldnavorsing óf versamelinggebaseerde navorsing, moet teen die einde van die akademiese jaar ingedien word.

Daar word ook van studente verwag om toepaslike departementele seminare asookplaaslike konferensies by te woon om aspekte van hulle navorsingprojek aan te bied.’n Plakkaataanbieding van die navorsingsprojek word sterk aanbeveel.

Studente moet minstens agt (8) weke veldwerk voor die einde van die honneurs-program voltooi en moet vaardigheid in basiese veldwerktegnieke toon.

Toelatingsvereistes

- ’n Driejarige baccalaureusgraad met ’n kredietwaarde van minstens 360 waarvan minstens 120 in Argeologie of verwante dissipline behaal is. Ten minste 60 van die 120 krediete moet op jaarvlak 3 wees.

- ’n Gemiddelde van 65% vir Argeologie op derdejaarsvlak is ’n sterk aanbeveling vir toelating.

 
 
 

 

Addisionele vereistes

• Daar kan van aansoekers met minder as 65%, asook van aansoekers wat hulle baccalaureusgraad by ’n ander tersiêre inrigting verwerf het, verwag word om ’n toelatingseksamen te voltooi tot die bevrediging van die programbestuurder en in konsultasie met die Argeologie-programkoördineerder.

• Studente wat ’n beroep in Forensiese Argeologie wil volg moet ANA 122, ANA 215 en ANA 315 by hul BA-graadprogram insluit en ook Argeologie as ’n hoofvak tot op derdejaarsvlak neem.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences