Modulekode | STK 113 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | STK 113 en 123 tel op sigself nie as krediet vir graaddoeleindes nie, maar verleen vrystelling van STK 110. Databewerkings en transformasies: Inleidende begrippe: die rol van statistiek, verskillende tipes data en die getallestelsel. Begrippe onderliggend aan lineêre, kwadratiese, eksponensiële, hiperboliese en logaritmiese transformasies van kwantitatiewe data, grafiese voorstellings, oplossing van vergelykings en interpretasie. Bepaling van lineêre vergelykings in praktiese situasies. Eienskappe van logaritmiese funksies. Die verwantskap tussen die eksponensiële en logaritmiese funksies in ekonomiese en verwante probleme. Stelsels van vergelyking in ewewig. Addisionele begrippe van belang by dataverwerking, funksies en inverse funksies, sigma-notasie, faktoriaalnotasie, rye en reekse, ongelykhede (streng, swak, absoluut, voorwaardelik en dubbele) en absolute waardes. Beskrywende statistiek – Eenvariant: Steekproefneming en die insameling van data, frekwensieverdelings en grafiese voorstellings. Beskrywende maatstawwe van lokaliteit en spreiding. Inleidende waarskynlikheidsleer. Identifisering, gebruik, evaluering en interpretasie van statistiese rekenaarpakkette en statistiese tegnieke. Die weeklikse een uur prakties word gedurende die laaste sewe weke van die semester aangebied. |
Modulekrediete | 11.00 |
Programme |
BAdmin Openbare Bestuur
BCom Bemarkingsbestuur BCom Ekon en Bestuurswetenskappe BCom Entrepreneurskap BCom Informatika: Inligtingstelsels BCom Kommunikasiebestuur BCom Menslikehulpbronbestuur BCom Ondernemingsbestuur BCom Opsie: Voorsieningskettingbestuur BCom Regte BCom Rekreasie- en Sportbestuur BA Option: Sport- en Rekreasiebestuur BScAgric Landbou-ekonomie: Agribesigheidsbestuur BVerbruikerswetenskap Gasvryheidsbestuur BVerbruikerswetenskap Kleding: Kleinhandelbestuur BVerbruikerswetenskap Voedsel: Kleinhandelbestuur BEd Seniorfase en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys |
Diensmodules | Fakulteit Opvoedkunde Fakulteit Geesteswetenskappe Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 praktiese sessies per week, 1 tutoriaal per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Statistiek |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App