Code | Faculty |
---|---|
07130151 | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 3 jaar | Totale krediete: 429 |
Prof H Coetzee [email protected] | +27 (0)124204375 |
Die pakket in regte is gerig op ’n breë formatiewe opleiding, maar lei nie spesifiek tot enige beroepsuitkoms nie. Die student word egter in ’n posisie gestel om met die LLB-graad voort te gaan wat beroepspesifiek gerig is, of met ’n BComHons. Die verworwe vaardighede kan in sowel die privaat as die openbare sektor aangewend word.
Minimum vereistes vir 2016 | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 5 | 3 | C | C | 32 |
Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlak-modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Ter kennnisname: BCom (Regte)-studente wat van voorneme is om die LLB-graad te behaal, moet daarop let dat een van die vereistes vir die LLB-graad minstens 12 krediete uit die volgende lys van taalmodules is: AFR 110, AFR 120, AFR 114, ENG 118, ENG 110, ENG 120.
Dit word aanbeveel dat BCom (Regte)-studente Ondernemingsbestuur met Ekonomie as hoofvakke kombineer; Finansiële rekeningkunde met Finansiële bestuur of alternatiewelik Finansiële rekeningkunde met Belasting.
Let wel: Raadpleeg die alfabetiese lys van modules vir die voorvereistes van alle modules.
FRK 122 is ’n eindmodule. Indien FRK 122 gekies word, sal ’n kandidaat nie met Finansiële rekeningkunde op 200- en 300-vlak kan voortgaan nie. Let ook daarop dat FRK 121 ’n voorvereiste vir ’n aantal ander modules mag wees (bv FBS 210 en 220) en dit is die verantwoordelikheid van die kandidaat om te verseker dat hy/sy die toepaslike keuse tussen FRK 121 en 122 maak.
BCom (Regte)-studente sal slegs toegelaat word om Finansiële bestuur 210, 220, 310 en 320 (FBS 210, 220, 310 en 320) te neem indien Finansiële rekeningkunde op 200- en 300-vlak ook geneem word.
(1) OBS 124 moet as ekstra module geneem word indien OBS as hoofvak op 300-vlak geneem word.
(2) Informatika 281 (INF 281 – 3 addisonele krediete) is ’n verpligte module indien Finansiële rekeningkunde 311, 321 (FRK 311, 321) gekies word.
(3) Dit word aanbeveel dat studente wat Belasting neem, ook FRK 211, 221 neem.
Let wel: Studente wat beoog om ’n LLB-graad na afloop van die BCom-graad in die Regte te volg, word aangeraai om met die Studenteadministrasie van die Fakulteit Regsgeleerdheid in verbinding te tree vir advies oor welke addisionele modules reeds gedurende hulle voorgraadse studie gevolg kan word. Let egter daarop dat goedkeuring om ekstra modules te mag volg steeds by die Dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe berus.
BCom (Regte)-studente wat vir addisionele regsmodules wil registreer, doen dit in terme van die Fakulteit Regsgeleerdheid se jaarboek van die akademiese jaar waarin hulle vir die eerste keer geregistreer het.
Hoofvak
Ten einde as "hoofvak" te kwalifiseer moet minstens die ekwivalent van vier 14- week-modules van ’n vak, insluitende twee op 300-vlak, geslaag word, met dien verstande dat die volgende modules, wat slegs op 300-vlak aangebied word, ook as "hoofvakke" geld:
OORGANGSMAATREËLS vanaf 2015
Hierdie oorgangsmaatreëls is van toepassing op studente wat reeds voor 2013 vir die BCom (Regte)-graad geregistreer het.
Studente wat voor 2013 vir die BCom (Regte)-graad geregistreer het, sal toegelaat word om vir die verpligte regsmodules soos uiteengesit in die betrokke (pre-2013) jaarboek te registreer. Jaarboeke is op die web beskikbaar by: http://web.up.ac.za (Nuwe Studente).
Moontlike aanbieding van somer-/winterskole afhangende van die beskikbaarheid van dosente en beskikbare fondse:
FAMILIEREG
Module uitstaande |
|
FMR 110 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
FMR 120 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
INLEIDING TOT DIE REG
Module uitstaande |
|
IDR 110 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
IDR 120 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
REGSVAARDIGHEDE
Module uitstaande |
|
RVD 110 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
RVD 120 | Kontak Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid |
BCom (Regte)-studente sal ook toegelaat word om vir die somer-/winterskole in HVR 110, HVR 120, SRG 210, SRG 220 en MRT 220 te registreer selfs al was hulle nie vantevore vir die modules geregistreer nie.
Eerstejaar-BCom (Regte)-studente wat minder as vier (4) kernsemestermodules of twee (2) kernjaarmodules in 2013 slaag en nie akademies uitgesluit word nie, sal vir die nuwe kurrikulum vanaf 2013 geregistreer word. Dieselfde sal mutatis mutandis geld vir tweede- en derdejaarstudente in 2015 en verder (Algemene Regulasie G.5.2.c saamgelees met paragraaf 6(b) van die 2013 Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se jaarboek).
Herhalers wat 'n relevante eerstejaar-regsmodule weer in 2013 gedruip het, moet vir die betrokke module soos in die tabel hierbo uiteengesit registreer, maar daar sal van hulle verwag word om die inhoud van die module te voltooi soos in die 2015-jaarboek uiteengesit.
Herhalers wat 'n relevante tweedejaar- of derdejaar-regsmodule weer in 2015 druip, moet vir die betrokke module registreer, maar daar sal van hulle verwag word om die inhoud van die module te voltooi soos in die 2015-jaarboek uiteengesit.
Die Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid het die diskresie om 'n billike en praktiese beslissing te fel waar 'n onverwagte situasie in die toepassing van die oorgangsmaatreëls ontstaan, of waar 'n spesifieke probleem nie uitdruklik uiteengesit is in die oorgangs-maatreëls nie.
Volgens Algemene Regulasie G.3 word spesifieke bevorderingsvoorwaardes gestel deur fakulteitsrade waaraan studente van die fakulteit moet voldoen.
Minimumvereistes vir baccalaureusgrade; semester- en jaarmodules; nuwe regulasies
Let wel: Slegs twee 14-week modules, of die ekwivalent daarvan, wat nie deur 100- en 200-vlakke modules voorafgegaan word nie, mag as kwalifiserende modules vir graaddoeleindes geneem word. Met ander woorde, ten minste vier 14-week-modules wat voorafgegaan word deur die 100- en 200-vlak moet op 300-vlak geneem word (behalwe in die geval waar die modules slegs vanaf 200-vlak aangebied word).
Die onus rus dus ten volle op studente om vóór registrasie seker te maak dat hulle leergange aan al die vereistes van die toepaslike regulasies voldoen.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App