Jaarboeke

Patologiese toestande en infeksiesiektes 281


 
Modulekode BOK 281
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Module-inhoud (a) Algemene patologie en immunologie (4 weke) Selskade; groei en herstel; ontsteking; versteurings van die sirkulasie; HLA-sisteem; immuunrespons; hipersensitiwiteit; outo-immuniteit en oorplantingsimmunologie. Anatomie van die limfatiese stelsel. (b) Beginsels van neoplasie (1 week) Onkogenese, benaming en biologiese gedrag van tumore, beginsels van terapie. (c) Beginsels by infeksiesiektes (3 weke) Hierdie module dek die basiese beginsels asook die sistemiese klassifikasie en siektebeelde van bakterie, virusse, parasiete en swamme van menslike belang. Dit behandel die farmakologiese aspekte van antimikrobemiddels asook antivirus chemoterapie. ‘n Kort inleiding tot epidemiologie word ook aangebied. Die praktiese aspekte van mikrobiologie, insluitend virologie, word in praktiese sessies gedemonstreer. (d) Infeksiesiektes (2 weke) Hierdie module dek so volledig moontlik al die aspekte van die belangrikste infeksie-siektes soos tuberkulose, verworwe immuungebreksindroom, malaria, gastro-enteritis, haemorragiese koors, maagkoors, bilharzia en geslagsiektes by die mens. Die onderrig is probleemgerig, multidissiplinêr en word aangebied aan die hand van gevallestudies en groepbesprekings. Verskeie belangrike onderwerpe soos chirurgiese infeksies, hospitaalverworwe infeksies, opportunistiese infeksies, trauma met geassosieerde infeksie en die mikrobiologie van spesiale omgewings, word ook in die module bespreek.
Modulekrediete 45.00
Voorvereistes CMY 151, GNK 120, GNK 127, MLB 111,P HY 131, GNK 128, BOK 121, MGW 112, FIL 155, MTL 180, SMO 121, AIM 101, ELH 111, ELH 112
Kontaktyd 12 lesings per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Anatomiese Patologie
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences