Jaarboeke

Etiek 355


 
Modulekode FIL 355
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Geesteswetenskappe
Module-inhoud Algemene inleiding tot die etiek. Die belangrikste etiese teorieë. Toegepaste etiek (vraagstukke in, bv beroepsetiek, mediese etiek, omgewingsetiek, openbare dienslewering, ens). Hierdie module bied ’n kritiese inleiding tot daardie normatiewe, morele en politieke filosofiese teorieë wat die invloedrykste is in die sosiale en toegepaste wetenskappe. Dit handel oor die formulering van reëls, norme, beginsels en ideale wat sulke diverse morele en politieke fenomene soos vryheid, gelykheid, geregtigheid, regte, herdistrubisie, erkenning, die individu vs die gemeenskap, onderdrukking, mag, legitimiteit, pluralisme en verskil, reguleer. Al hierdie fenomene is deel van huidige sosiale debatte in Suid-Afrika. Voorbeelde van teorieë en teoretici wat behandel kan word sluit in utilitarisme (Bentham), distributiewe geregtigheid (Rawls), kommunitarisme (Sandel), diskoers-etiek en distributiewe demokrasie (Habermas), die politiek van verskil (Young) en multikulturalisme. Die module bied ’n kritiese oorsig van die hooftemas van hierdie teorieë aan asook bespreking van die maniere waarop hulle gebruik word in die sosiale en toegepaste wetenskappe.
Modulekrediete 15.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 2 lesing per week
Onderrigtaal Engels
Akademiese organisasie Filosofie
Aanbiedingstydperk Kwartaal 3

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences