Code | Faculty |
---|---|
01130105 | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Credits | Duration |
---|---|
Duur van studie: 4 jaar |
Prof L Biagio de Jager [email protected] | +27 (0)124206774 |
Hierdie vierjaar-, beroepsgerigte graad is gerig op die verwerwing van dieptekennis van die normale gehoorproses en die invloed van ’n gehoorverlies binne die raamwerk van menslike kommunikasie. Opleiding word verskaf in die evaluasie en intervensie van persone met gehoorverlies van alle ouderdomme.
Sluitingsdatum vir aansoeke:
30 Junie jaarliks
Minimum vereistes vir 2017 | ||||||||
Prestasievlak | TPT | |||||||
Afrikaans of Engels | Wiskunde | |||||||
NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | NSS/IEB | HIGCSE | AS-Level | A-Level | |
5 | 3 | C | C | 4 | 3 | D | D | 30 |
Departementele keuring vind plaas.
Praktiserende oudioloë moet oor goeie spraakproduksie en taalgebruik beskik om as modelle te dien vir individue met kommunikasie- en gehoor-afwykings. Hulle moet ook oor goeie gehoor, visie, en motoriese vermoë beskik ten einde individue met ’n verskeidenheid van kommunikasieafwykings te assesseer en behandel.
Studente wat in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is, is verplig om VAG 110 en VAG 125 te neem.
Studente wat nie in terme van hul akademiese geletterdheid as risikogevalle geïdentifiseer is nie, mag VAG 110 en VAG 125 met SEP 110 of ZUL 110 vervang.
Let wel:
• Oorskakeling van die een program na die ander aan die einde van die eerste studiejaar, sal onderworpe wees aan beskikbare plek in die tweede studiejaar en aan ’n keuringsproses.
• Ten einde ’n module te slaag, moet ’n subminimum of 40% behaal word in elke sub-afdeling van die volgende modules: Menslike kommunikasie (KMP), Oudiologie (ODL) en Spraak-Taalpatologie (SPP).
Ten einde die graad met lof te verwerf, moet ’n student
• ’n finale punt van 70% of hoër vir elk van die modules in die finale jaar behaal;
• ’n gemiddelde van 75% of hoër vir die Oudiologie-modules op vierdejaarsvlak behaal;
asook
• ’n finale punt van 75% of hoër vir een van die teoretiese modules, ODL 410 of ODL 420 behaal.
Copyright © University of Pretoria 2023. All rights reserved.
COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal
To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]
Get Social With Us
Download the UP Mobile App