Jaarboeke

Program: BSocSci Opsie: Filosofie, Politiek en Ekonomie

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01130051 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 3 jaar Totale krediete: 438
Contact:
Prof EB Ruttkamp
[email protected]
+27 (0)124205779

Programinligting

Die doel van hierdie program is om studente dieptekennis en analitiese begrip te gee van kontemporêre politieke en ekonomiese kwessies. Al drie dissiplines – politieke wetenskappe, filosofie en ekonomie – fokus op die sosiale wêreld en sosiale verskynsels, elk vanuit ’n ander perspektief. Ekonomie fokus op die produksie van goedere (waarom, hoe, en wat word geproduseer) en die gevolge van sulke produksie vir die samelewing (wie word bevoordeel). Politieke wetenskappe fokus op politieke prosesse en regeringskwessies soos besluitneming. Filosofie rus studente toe met analitiese redeneringsvaardighede wat nodig is om komplekse morele probleme wat verband hou met ekonomiese en politieke besluitneming, te verstaan en op te los. Die gevolge van die kombinasie van hierdie perspektiewe is dat studente toegerus word met begrip van die morele kwessies wat menslike agentskap in ekonomiese en politieke kontekste beïnvloed. ’n FPE-kwalifikasie is ’n internasionaal erkende handelsmerk, gerespekteer vir die streng opleiding wat studente onmiddellik toegang gee tot ’n verskeidenheid beroepe wat verband hou met ekonomiese of politieke beleidsbepaling, van joernalistiek tot die diplomatieke diens. Hierdie kwalifikasie sal studente in staat stel om, sodra hulle in ’n beroep in die privaat of openbare sektor staan, op morele probleme en uitdagings in hul politiek-ekonomiese konteks te reageer op ’n sensitiewe, rasionele, en innoverende manier.

Toelatingsvereistes

  •  Kandidate wat ? TPT van 30 in Graad 11 behaal het en voldoen aan die minimum vak- en prestasievereistes van hierdie studieprogramme sal outomaties in die studieprogramme geplaas word, onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. Bogenoemde is nie van toepassing op keuringsprogramme nie. 
  • Om toelating te behou, sal daar van leerders verwag word om ? TPT van ten minste 28 in Graad 12 te behaal. Voornemende studente wat reeds voorlopige toelating tot hierdie studieprogramme ontvang het, maar ? TPT van ten minste 27 in Graad 12 behaal het, sal deur die Toelatingskomitee oorweeg word indien plekke beskikbaar is. Die Toelatingskomitee van die Fakulteit Geesteswetenskappe sal hierdie studente oorweeg sodra die uitslag van die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) beskikbaar is en onderhewig aan die beskikbaarheid van plekke. 
  • Die Fakulteit sal bevredigende resultate in die NBT beoordeel in die lig van sy onderneming om te verseker dat ‘n voldoende gedeelte aansoekers uit die histories benadeelde kategorie van die bevolking getrek word. 
  • Aansoekers met ? TPT van 30, maar wie nie aan die vakvereistes voldoen nie, moet die NBT aflê. 
  • Lewensoriëntering word uitgesluit wanneer die TPT bereken word.
 
 

Minimum vereistes vir 2016

Prestasievlak

TPT

Afrikaans of Engels

Wiskunde

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

NSC/IEB

HIGCSE

AS-Level

A-Level

5

3

C

C

5

3

c

c

32

 

Programoorsig

 

 

Ander programspesifieke inligting

  • Keusemodules: Jr-vlak 1: Kies enige twee semestermodules (een per semester) van dieselfde dissipline op jr-vlak 1 met ’n kredietwaarde van ten minste 20 (indien gekies uit EBW) of 24 krediete (indien gekies uit Geesteswetenskappe).
  • Die VAG-modules is uitgesluit as gevolg van die hoë TPT (32) wat vereis word.
  • Studente wat dit oorweeg om vir ’n honneurs in Ekonomie in te skryf, moet die studenteadministrasie van EBW kontak om te bepaal watter addisionele modules hulle in hul studieprogram moet insluit om aan die toelatingsvereistes vir BComHons in Ekonomie te voldoen.
  • Studente wat met ’n honneursgraad in Ekonomie wil voortgaan, moet STK 210, STK 220 sowel as EKN 310 en EKN 320 voltooi.
  • Studente moet EEN van die volgende twee kombinasies van Ekonomie-modules kies: EKN 214/234 of EKN 224/244.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences