Module-inhoud |
*Hierdie module vervang MBK 714 en is slegs beskikbaar vir BA(MBK)Hons- studente met spesialisering in biokinetika. Na afloop van hierdie module sal die student onderrig wees in sportvisie, podiatrie, etiek en finansiële bestuur en daartoe in staat wees om dit in die praktyk te kan toepas. • Sportvisie: Die student sal oor algemene kennis beskik rakende die verskillende sportvisietoetse, die interpretasie daarvan en die voorskryf van inoefeningsprogramme. • Podiatrie: Die student sal oor algemene kennis beskik rakende stylanalise, die identifisering van verskillende voetprobleme en die voorskryf van korrekte skoene en rehabilitatiewe inoefeningsprogramme. • Etiek: Die toekoms en beroepsgeleenthede binne sport en biokinetika, sportmanskap, sport en etiek, sport en prestasiemiddels, sport en tegnologie. • Finansiële bestuur: Wanneer die biokinetikus die praktyk betree, word hy/sy in wese sakeman wat hom/haar in die ekonomiese sektor bevind. Hierdie module is daarop gemik om die basiese beginsels van ondernemingsbestuur, finansiële bestuur en inkomsbelasting op sinvolle wyse aan die student wat die praktyk gaan betree, aan te bied. |
Get Social With Us
Download the UP Mobile App