Jaarboeke

Program: MA Omgewing en Samelewing (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
01250512 Fakulteit Geesteswetenskappe
Credits Duration
Duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 260

Programinligting

Let wel: Die program word slegs in Engels aangebied.

Toelatingsvereistes

- BAHons of soortgelyke kwalifikasie met ’n gemiddelde van 60%. Keuring word gebaseer op mededinging en geskied op grond van akademiese prestasie.

 

Addisionele vereistes

  • Akademiese geletterdheid

Aansoekers moet ’n akademiesegeletterdheidstoets skryf op grond waarvan keuring gefinaliseer sal word. Vrystelling word verleen aan studente wat hierdie toets gedurende die afgelope vyf jaar geskryf en geslaag het.

  • Rekenaargeletterdheid

Aansoekers moet die standaard rekenaarvaardigheidstoets slaag, soos van toepassing op alle eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria. Hierdie vaardigheidstoets behels basiese databasisse, sigblad en woordverwerkingsagteware. Aansoekers wat hierdie toets die afgelope vyf jaar geslaag het, verkry vrystelling van die toets. Aansoekers wat die toets druip, moet geskikte modules wat deur die program-bestuurder goedgekeur is, gedurende die eerste semester van magistergraadstudie neem.

 

Ander programspesifieke inligting

 

Vir volledige beskrywings van die module-inhoude raadpleeg asseblief die Sentrum vir Omgewingstudies se brosjure (Geografiegebou 2-1; Tel: 012 420 4048) of die webbladsy by http://www.up.ac.za/academic/centre-environmental-studies.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences