Modulekode | KOB 310 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | Strategiese kommunikasiebestuur Geïntegreerde Kommunikasie (GK) voorveronderstel die belyning en implementering van die ondernemingsstrategieë, korporatiewe strategieë en korporatiewe kommunikasiestrategieë van die organisasie. Die korporatiewe posisionering wat uit hierdie strategieë voortvloei, word deur die organisasie se unieke reputasie, beeld, identiteit en handelsnaam gekommunikeer. Omgewingsverkenning stel die organisasie verder in staat om vraagstukke, risiko's en moontlike krisisse wat hierdie posisionering kan beïnvloed, te identifiseer en aan te spreek. Huidige korporatiewe stedelingskapdenke steun die beginsel van 'n simbiotiese verhouding tussen die besigheid en die samelewing deur ekonomiese, omgewings- en sosiale volhoubaarheid te beklemtoon (die sogenaamde ''triple bottomline''). Die hoogtepunt hiervan is 'n nuwe besef van die organisasie se korporatiewe verantwoordelikheid en sy rol as korporatiewe stedeling. Etiek in strategiese bestuur word uitgelig en geskikte navorsingstegnieke word ontleed. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Voorvereistes | KOB 210 of KOB 220 met 'n GS in die ander |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Afdeling Kommunikasiebestuur |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App