Modulekode | PRO 453 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Hierdie is ‘n amptelike voltydse module, waar studente blootgestel word aan die professionele skoolomgewing onder die mentorskap van ‘n ervare mentor onderwyser, asook ‘n ervare mentor dosent vir ‘n periode van 8 weke in die derde kwartaal van die skooljaar. Die fokus is op algemene klaskamerpraktyk, skooladministrasie, buitemuurse - aktiwiteite en die optrede as verantwoordelike gemeenskapsburgers in die skoolomgewing. Die studente moet ook ‘n professionele portefeulje voorberei en ‘n vasgestelde aantal lesse fasiliteer wat deur die betrokke skool geassesseer sal word. Die professionele portefeulje word deur die toegewysde mentor dosente geassesseer. Plasings vir die module kan in skole nasionaal of internasionaal geskied. |
Modulekrediete | 28.00 |
Programme | |
Voorvereistes | PRO 280 en PRO 380 geslaag. |
Kontaktyd | 8 weke, slegs bywoning |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Geesteswetenskaplike Opvoedkun |
Aanbiedingstydperk | Kwartaal 3 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App