Modulekode | JGS 212 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Die doel van die kursus is die ontwikkeling van ‘n dieper begrip van die kritiese elemente van wiskunde, insluitend die stelsel van telgetalle en hulle eienskappe, asook die vier getal-bewerkings. Die oorgang na die rasionale getalstelsel en sy eienskappe word ondersoek, en aandag word gegee aan bewerkings met rasionale getalle. Getalpatrone en verwantskappe tussen getalle word onderstoek ter wille van die ontwikkeling van ‘n gemakliker vloei van wiskundige berekenings. Aandag word gegee aan verskeie wyses van voorstelling van wiskundige begrippe deur prentjies, woorde, simbole en diagramme. Die ontwikkeling van die ander hoof-temas in wiskunde, naamlik meting, meetkunde, statistiek en waarskynlikheid word ondersoek met die doel om insig te verkry in wyses waarop dit onderrig en geleer kan word. Daar word deurlopend aandag gegee aan probleem-oplossing en algebraïese denke. Die metodologie van die kursus sluit in praktiese aktiwiteite waardeur studente se selfvertroue en toerusting vir die klaskamer praktyk bevorder word. Hoewel aandag gegee word aan toepassings van begrippe binne die Grondslagfase, is hierdie uitkoms nie sentraal in die kursus nie.
|
Modulekrediete | 12.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 2 lesing per week, 1 praktiese sessies per week |
Onderrigtaal | Beide Afr en Eng |
Akademiese organisasie | Vroeë Kinderonderwys |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App