Modulekode | ONT 303 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Semester 1 Die proses van ontwerp deur die integrasie van ondersteunende modules. Ontwerp van ruimtes met die klem op laterale denke en ritueel deur omskepte hergebruik. Vaardighede: tegnologies-onderlegde reprografiese tegnieke, kompetisies en uitstallings, besluitneming en tydsbestuur. Semester 2 Die produk van ontwerp deur die integrasie van ondersteunende modules. Die ontwerp van ’n kommersiële projek binne ’n bestaande argitektoniese ruimte in stadsverband en met ’n komplekse program ontwikkel tot konstruksietekeninge in KON 320. Korporatiewe identiteit, statutêre vereistes, uitvoerbaarheid en betaalbaarheidstudies, huurdersamestelling. |
Modulekrediete | 60.00 |
Programme | |
Voorvereistes | KON 210, KON 220, OML 210, OML 220 en ONT 203 |
Kontaktyd | 17 studio ure per week, 2 lesing per week |
Onderrigtaal | Dubbelmedium |
Akademiese organisasie | Argitektuur |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App