Jaarboeke

Program: BStads- en Streekbeplanning Stads- en Streekbeplanning

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12132022 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Duur van studie: 4 jaar Totale krediete: 497

Programinligting

Stads- en streekbeplanning het hoofsaaklik te make met die beplanning, ontwerp, imple-mentering en bestuur van publieke intervensies in die ontwikkeling en gebruik van grond vanaf erf- tot supranasionale vlak ten einde keuses te verbreed, gelykheid te bevorder en volhoubare ontwikkeling te verseker. Die dryfveer agter die professie is die generering van lewensvatbare alternatiewe tot huidige nedersettingstipes. Op die huidige tydstip in Suid-Afrika se geskiedenis is stads- en streekbeplanning ’n sleutelprofessie in die gelykmaking van ruimtelike en ander wanbalanse in beide stedelike en landelike gebiede, sowel as die verbetering van oneffektiewe en onderpresterende leefomgewings.

Die ideale stads- en streekbeplanner is ’n kreatiewe persoon wat in staat is om met innoverende oplossings vir komplekse probleme vorendag te kom, ’n bemiddelaar wat uiteenlopende standpunte met mekaar kan versoen, ’n stategiese denker en ’n goeie bestuurder. Gegewe die enorme agterstande in die veld van behuising en ander sosiale dienste en die ellende waarin vele Suid-Afrikaners hulle tans bevind, moet beplanners ook ’n sterk ontwikkelde sin van sosiale en omgewingsgeregtigheid hê en hulle verbind tot menslike ontwikkeling. Terwyl die meerderheid stads- en streekbeplanners as privaat konsultante vir die openbare en die private sektor optree, word hulle ook in diens geneem deur al drie sfere van regering, navorsingsinstansies soos die WNNR en die RGN, nieregerings-organisasies, gemeenskapsgebaseerde organisasies, groot finansiële instellings en eiendomsontwikkelingsgroepe.

 

Toelatingsvereistes

  •  Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke studieprogram. 
  • Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
  • Graad 11-uitslae word gebruik vir die voorlopige toelating van voornemende studente.
  • ’n Geldige Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met toelating vir graadstudies word vereis.
  • Minimum vak- en prestasievereistes soos hieronder uiteengesit word vereis. Op eerstejaarsvlak het studente 'n keuse tussen Afrikaans en Engels as taalmedium. In verskeie gevalle word lesings slegs in Engels aangebied byvoorbeeld vir keusemodules waar die dosent nie Afrikaans magtig is nie of indien dit nie ekonomies of prakties regverdigbaar is nie.
 
 
Minimum vereistes vir 2016
Prestasievlak
Afrikaans of Engels Wiskunde TPT
NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level NSS/IEB HIGCSE AS-Level A-Level
5 3 C C 4 3 D D 27
 
 
 

 

 

 

Bevordering tot volgende studiejaar

(i)      Bevordering na die tweede semester van die eerste studiejaar en na die tweede studiejaar

(a)    ‘n Nuweling-eerstejaarstudent wat aan die einde van die eerste semester al die voorgeskrewe modules van die program gedruip het, word aan die begin van die tweede semester nie tot die Skool vir die Bou-omgewing hertoegelaat nie.

(b)    ‘n Student word na die tweede studiejaar bevorder mits die student (1) ten minste 100 krediete verwerf het; en (2) nie meer as een eerstejaar Stads- en Streekbeplanningmodule per semester herhaal nie.

(c)    ‘n Student wat ingevolge (b) nie na die tweede studiejaar bevorder is nie mag nie vir tweedejaar Stads- en Streekbeplanningmodules registreer nie.

(d)    Studente wat na die November-eksamen nie minstens 100 krediete van die eerste studiejaar geslaag het nie, moet weer aansoek doen om hertoelating indien hulle van voorneme is om hul studies voort te sit. Skriftelike aansoek moet nie later nie as 12 Januarie by die studenteadministrasie van die Skool vir die Bou-omgewing ingedien word. Laat aansoeke sal slegs in buitengewone gevalle en met goedkeuring van die Dekaan aanvaar word. Indien eerstejaar-studente hertoegelaat word, sal dit volgens die voorwaardes wees soos deur die toelatingskomitee bepaal.

(e)    Studente wat nie al die voorgeskrewe eerstejaarmodules geslaag het nie, sowel as studente wat ingevolge (d) hertoelating verkry het, moet vir die ontbrekende eerstejaarmodules registreer.

(ii)   Bevordering na die derde studiejaar

(a)   ‘n Student word na die derde studiejaar bevorder mits die student (1) ten minste 210 krediete verwerf het; (2) nie meer as een tweedejaar Stads- en Streekbeplanning-module per semester herhaal nie; en (3) nie enige eerstejaar Stads- en streekbeplanning-module herhaal nie.

(b)    ‘n Student wat ingevolge (a) nie na die derde studiejaar bevorder is nie mag nie vir derdejaar Stads- en Streekbeplanningmodules registreer nie

(iii)  Bevordering na die vierde studiejaar

(a)    ‘n Student word na die vierde studiejaar bevorder mits die student (1) ten minste 310 krediete verwerf het; (2) nie meer as een derdejaar Stads- en Streekbeplanning-module per semester herhaal nie; en (3) nie enige tweedejaar Stads- en streek-beplanningmodule herhaal nie.

(b)    ‘n Student wat ingevolge (a) nie na die vierde studiejaar bevorder is nie mag nie vir vierdejaar Stads- en Streekbeplanningmodules registreer nie.

(c)    ‘n Student wat aan al die vereistes vir die graad voldoen het met uitsondering van hoogstens een jaarmodule of twee semester-modules waarin hy of sy ’n finale punt van minstens 40% behaal het, kan toegelaat word om aan die begin van die daaropvolgende semester ’n spesiale eksamen daarin af te lê.

(d)    Die graad word toegeken indien alle voorgeskrewe modules geslaag is.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat met eerste registrasie alle modules vir die finale jaar slaag met 'n geweegde gemiddelde van 75%. Die graad moet binne die minimum voorgeskrewe tydperk voltooi word. Uitsonderlike gevalle sal deur die Dekaan oorweeg word.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences