Jaarboeke

Program: MIT Inligtingstelsels

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12254013 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Toelatingsvereistes

  • Behoudens die bepalings van G Regulasies G.1.3 en G.54, is 'n toepaslike honneursgraad 'n vereiste vir toelating.
  • Die Dekaan het 'n beslissingsbevoegdheid ten opsigte van aangeleenthede waarvoor nie in die G.Regulasies of fakulteitspesifiek regulasies voorsiening gemaak word nie.
  • ’n Kandidaat kan deur die voorsitter van die Skool vir Inligtingtegnologie toelating tot ’n magistergraad geweier word, indien hy of sy nie aan die standaard van bekwaamheid in die vak, soos deur die departement bepaal, voldoen nie, met dien verstande dat ’n kandidaat wat nie aan die vereiste bekwaamheid voldoen nie, toegelaat kan word op voorwaarde dat hy of sy addisionele studieopdragte voltooi en/of eksamens aflê.
  • Die voorsitter van die Skool vir Inligtingtegnologie kan addisionele vereistes vir toelating stel.
  • Spesifieke departemente het spesifieke toelatingsvereistes wat in die Nagraadse Fakulteitsbrosjure gepubliseer word.
  • Studentegetalle sal bepaal word ooreenkomstig die groeistrategie van die Universiteit van Pretoria soos goedgekeur deur Hoofbestuur.
  • Die Dekaan behou die reg voor om verdienstelike kandidate toe te laat om die diversiteit van die studenteprofiel te bevorder.

Ander programspesifieke inligting

Die Dekaan kan in die loop van ’n akademiese jaar, op aanbeveling van die Nagraadse Komitee, die registrasie van ’n student kanselleer, indien sy/haar akademiese vordering nie bevredigend is nie.

Studie moet binne vier jaar na eerste registrasie vir die graad voltooi word, met dien verstande dat die Dekaan, op aanbeveling van die betrokke Departementshoof, in buitengewone omstandighede ’n vasgestelde beperkte verlenging van die tydperk kan goedkeur.

Navorsing

'n Verhandeling moet ingedien word in ooreenstemming met 'n studieveld soos deur die Departement goedgekeur.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences