Jaarboeke

Program: MTRP Stads- en Streekbeplanning

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252035 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 180

Programinligting

Die Magistergraad [MS&S] word toegeken op grond van ’n verhandeling asook opdragte insluitend 'n akademiese artikel vir publikasie wat daarmee verband hou, en 'n eksamen oor die gebied van die verhandeling en/of onderafdelings van die vakgebied soos deur die Departementshoof/ studieleier vereis. 'n Relevante module in navorsingsmetodiek moet geslaag word as voorvereiste vir die goedkeuring van die studievoorstel.

Verwys na die G Regulasies G.30 tot G.44 en G.57 tot G.62.

Toelatingsvereistes

Behoudens die bepalings van Algemene Regulasie G.30 G.37 en G.38 word die BS&S-graad of aanvaarbare kwalifikasie en praktiese ervaring wat deur die Departementshoof as voldoende geag word vereis vir toelating tot die MS&S-graad.

 

Addisionele vereistes

Ter aanvulling van kennis van studente sonder 'n BS&S-graad, kan van kandidate vereis word om aanvullende voorgraadse modules te slaag.

Eksamens en slaagvereistes

Die minimum slaagpunt is 50% in beide die eksamen en verhandeling.

 

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken aan 'n student wat minstens 75% in die eksamen en in die verhandeling behaal het.


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences