Jaarboeke

Program: MSc Eiendomswese (Gedoseer)

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12252034 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 180
Contact:
Dr M Burger
[email protected]
+27 (0)124203111

Programinligting

Die graad kan verwerf word deur ’n gedoseerde leergang te volg en ’n miniverhandeling te voltooi. Die modules word in blokweke aangebied. Die bywoning van blokweke is verpligtend. Alle eksamens word by die Departement Konstruksie-ekonomie, Suidkampus, Universiteit van Pretoria afgeneem.

Die leergang word in oorleg met die Departementshoof bepaal. Ten einde vir die toekenning van die gedoseerde MSc (Eiendomswese)-graad in aanmerking te kom, moet ’n kandidaat ’n minimum van 120 krediete vir die modules verwerf het en bykomend, ’n toepaslike miniverhandeling (60 krediete) ingedien en geslaag het, m.a.w. ’n totaal van 180 krediete.

Toelatingsvereistes

'n Kandidaat vir die graad Magister Scientiae Eiendomswese deur middel van kursuswerk en 'n mini-verhandeling moet:
  • 'n gegradueerde met 'n BScHons Eiendomswese-graad of 'n ekwivalente universiteitsgraad ;
of
  • 'n toepaslike erkende tersiêre kwalifikasie op honneursgraadvlak en wys genoeg ervaring in die verlede, of addisionele opleiding in die dissipline van Eiendomswese tot die bevrediging van die Hoof van die Departement (verwys ook na G Regulasie G.54) .

Ander programspesifieke inligting

Die Departementshoof mag diskresionêr toestemming verleen dat enige ander module, wat as voldoende geag word, elders geneem word in die plek van bogenoemde keusemodules.

Eksamens en slaagvereistes

  1. 'n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n finale punt van minstens 50% om te slaag.
  2. Eksamenvereistes word in die departementele handleidings onder studente se aandag gebring.
  3. Die onderwerp van die miniverhandeling word deur die Departementshoof goedgekeur en ’n minimum van 50% word vereis om te slaag.
  4. Die graad word met lof toegeken aan die student wat ’n geweegde gemiddelde van minstens 75% in die helfte van die vereiste modules, minstens 75% in die miniverhandeling en ’n geweegde gemiddelde van minstens 65% in die oorblywende modules waaruit die verlangde kursuskrediete vir die MSc Eiendomswese-graad saamgestel is, behaal het.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences