Jaarboeke

Program: BScHons Toegepaste Wetenskap Argitektuur

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12242001 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Dr C Combrinck
[email protected]
+27 (0)124206536

Programinligting

Hierdie graad is vir studente wat van voorneme is om ’n magistergraad deur navorsing of kursuswerk te verwerf in toegepaste wetenskap in die veld van argitektuur, landskapargitektuur, of binne-argitektuur of in die bou-omgewing in die algemeen.

Verwys na G Regulasies G.16 tot G.29 en G.54.

Toelatingsvereistes

’n Kandidaat vir die graadprogram BSc(Hons) in Toegepaste Wetenskap:

(1)  moet ’n gegradueerde met ’n BSc of ekwivalente universiteitsgraad wees;

of

(2)  moet oor ’n toepaslike erkende tersiêre kwalifikasie beskik.

Daar mag deur die Departementshoof van sodanige kandidaat vereis word om:

(i)   ’n akademiese geletterdheidstoets af te lê

(ii)  ’n rekenaarvaardigheidstoets af te lê

of

(3)  moet oor ’n kwalifikasie beskik wat deur die Departementshoof in oorlegpleging met die Dekaan as voldoende beskou word en (waar nodig) die toestemming van die Senaat verkry en enige ander voorgeskrewe vereistes nakom.

Daar kan van kandidate genoem in (2 en 3) hierbo na die diskresie van die Departementshoof vereis word om in voorvereiste kennisvelde geëvalueer te word en/of vir addisionele modules vir niegraaddoeleindes te registreer.

Kandidate genoem in (1) (2) en (3) hierbo:

(i)   moet verkieslik oor praktiese ondervinding beskik en/of ’n uitgebreide studiereis onderneem en gedokumenteer het;

(ii)  word aan ’n onderhoud vir keuring onderwerp;

(iii) moet ’n portefeulje en/of joernaal voorlê wat die vereiste vlak van vaardigheid en bevoegdheid demonstreer en wat as ’n rekord van sodanige kandidaat se ondervinding in die dissipline beskou kan word;

(iv) word volgens meriete gekeur.

Let wel: ’n Beperkte aantal kandidate word tot hierdie program toegelaat.

Ander programspesifieke inligting

Studente wat modules volg wat deur ander skole of fakulteite aangebied word, moet eers toestemming van die skole of fakulteite vir sodanige registrasie(s) verkry en moet hulself vergewis van die toelatingsvereistes vir die spesifieke module(s) asook die eksamenreëls en regulasies van die module(s).
(Nota: dit is die studente se verantwoordelikheid om hulle projekte te laat goedkeur deur die betrokke navorsingsveld-koördineerder).
Studente mag registreer vir ander Honneurs (700) vlak modules wat in die Departement aangebied word met die goedkeuring van die Departementshoof.

Toekenning van graad
Die graad word toegeken aan daardie kandidate wat die voorgeskrewe krediete behaal het. Studente wat op voorwaardes toegelaat is, moet aan al die voorwaardes voldoen voordat die volle 700-reeks modulekrediete en die graad toegeken word.
 

Eksamens en slaagvereistes

Die minimum slaagpunt is 50%. ’n Minimum van 40% word in die eksamen vereis, met ’n minimum finale punt van 50% om te slaag. Indien die module nie geëksamineer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% vir kursuswerk vereis. Indien kursuswerk nie geëvalueer word nie, word ’n minimum slaagpunt van 50% in die eksamen vereis.

Navorsing

G Regulasie G.39.12 is van toepassing.

Slaag met lof

Die graad word met lof toegeken indien studente wat vir die graad vir die eerste keer geregistreer is, die graad binne die voorgeskrewe minimum tyd voltooi en alle modules slaag met ’n geweegde gemiddelde van 75%.

Minimum krediete: 120

Kernmodules


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences