Jaarboeke

Program: BISHons Uitgewerswese

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
12240008 Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Credits Duration
Minimum duur van studie: 1 jaar Totale krediete: 120
Contact:
Prof EH le Roux
[email protected]
+27 (0)124202426

Toelatingsvereistes

  • BIS in Uitgewerswese of ’n aanverwante pakket of ooreenstemmende graad;
  • ’n Minimum gemiddelde van 65% in die voorgraadse studie.

 

Addisionele vereistes

Verwys na G Regulasies G16. tot G.29.

Ander programspesifieke inligting

Behoudens die bepalings van G Regulasie G.18.3, moet 'n voltydse kandidaat vir 'n baccalaureus honoresgraad sy of haar studies binne twee akademiese jare (vier semesters), en 'n na-uurse kandidaat binne drie jaar (ses semesters) na eerste registrasie vir die graad voltooi. Die Dekaan kan egter, op aanbeveling van die Departementshoof, in beide gevalle die studietydperk met hoogstens twee semesters verleng.

 

Minimum krediete: 120

Fundamentele modules

  • Module-inhoud:

    Navorsingsmetodologie en die toepassing daarvan ten einde navorsingsprobleme op te los en nuwe kennis te skep, is 'n aanwins wat van waarde kan wees vir 'n persoon vir die res van sy/haar lewe. Die module is saamgestel met die volgende oogmerke in gedagte: om die student te onderrig in die basiese beginsels van navorsing en om aan hom/haar die geleentheid te bied om navorsingsprojekte op 'n professionele wyse uit te voer. Studente word gelei van die seleksie van 'n probleem tot die aanbieding van 'n volledige navorsingsverslag. Dit word gedoen aan die hand van praktiese voorstelle wat gebaseer is op 'n sterk teoretiese grondslag.

    Sien meer

Kernmodules

Keusemodules

  • Module-inhoud:

    Die doel van hierdie module is om studente verder vetroud te maak met die ontwikkeling, ekonomie en aflewering van elektroniese publikasies. Studente ontwikkel sterk e-produksie vaardighede deur 'n praktiese implementering van publikasie werksvloeie vir verskeie publikasies. Studente implementeer ook 'n besigheidsplan vir die verspreiding en bemarking van hierdie publikasies.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    In die kern van die uitgee-waardeketting vervul die werwingsredakteur of uitgewer take soos die werwing van nuwe titels, die ontwikkeling van skrywers, die bestuur van 'n publikasielys en die verhandeling van redaksionele regte. Hierdie module bou voort op studente se begrip van en vaardighede in werwing en die verhandeling van redaksionele regte, met 'n spesifieke fokus op die strategiese en finansiële aspekte ten opsigte van die opbou van 'n publikasielys en beleid en prosedures ten opsigte van die verhandeling van redaksionele regte.

    Sien meer

  • Module-inhoud:

    *Hierdie inligting is slegs in Engels beskikbaar.

    This module provides an introduction to the history of the book, examining key themes of book production, distribution, authorship and reading. Attention is also given to the development of a textual and print culture in South Africa.

    Sien meer


Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

To contact the University during the COVID-19 lockdown, please send an email to [email protected]

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences