Jaarboeke

Program: PhD Oogheelkunde

Kindly take note of the disclaimer regarding qualifications and degree names.
Code Faculty
10260632 Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Credits Duration
Minimum duur van studie: 2 jaar Totale krediete: 360

Programinligting

’n Student vir die PhD-graad moet

  1. onder toesig van 'n promotor aan die Universiteit of 'n ander instansie deur die Senaat goedgekeur, oorspronklike navorsing tot die bevrediging van die eksaminatore verrig; en
  2. 'n proefskrif voorlê wat na die oordeel van die eksaminatore bevredigend toon dat hy of sy met onafhanklike kritiese oordeelsvermoë ’n bepaalde bydrae tot die verryking van kennis in die gekose vak gelewer het.

'n Student moet vir die toekenning van die PhD-graad vir ten minste een akademiese jaar vir die doktorsgraad aan die Universiteit geregistreer wees, alvorens die graad toegeken word.

Die PhD-graad word toegeken op grond van 'n proefskrif en, indien die Dekaan dit nodig ag, 'n eksamen wat handel oor die vakgebied van die proefskrif.

Die maksimum tydperk vir die voltooiing van 'n doktorsgraad is vyf jaar. In buitengewone omstandighede kan 'n student skriftelik by die departementshoof aansoek doen om ’n beperkte, vasgestelde verlenging van die tydperk.

Eksamens en slaagvereistes

Die doktorale eksamen word mondeling en/of skriftelik afgeneem en handel oor die inhoud van die proefskrif sowel as daardie onderdele van die vakgebied waarop die proefskrif gebaseer is, indien versoek.

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences